Gelykheid
praat jou mond verby sê net die “k”-woord vry land jy in vuil tronksel – hel “kill the boer – kill the farmer” word jy nasionale held wen jy miljoen stemme “voor vryheid en voor recht” so het stoere boere voort geveg “gelykheid” in Afrikaans vertaal nie in “afrika–kaans” so vertaal “makua” ook nie in […]
‘n Herfsnamiddag op Stellenbosch
Goud Terwyl witstamberke se blare geel raak en die druif se blad tot roesbruin kom, die berg se piek so effens skuins leun (geëts teen blou en amperwinterson) – pryk amber akkerbome so laatherfsloofverlore; staan straathoekbedelaars in komberse toegemaak. En weerklink deur endlersale* – sang in vele tale; word pepermossies* (uit nuwe monde) hergebore. © […]
Tydlose ongeduld
As ons tog meer geduld kan wys wanneer die ongeduld van tyd net tot stilstand kom sal ons die wysheid kan bekom om eer te betoon aan onsself sodat die ritmes sikroniseer met die hoop wat alles bymekaar hou wanneer die wêreld se beweegruimtes ons geduld toets jy gaan haal jou asems diep waar jy […]
Een middernag in Durbanville
Bo Durbanville se strate het die middernag se maan in silwergeel geglinster op haar eensaam wentelbaan toe ‘n dikkop met haar kuikens vanuit die niet verskyn benee ‘n donker hemel – en die volmaan was aan’t kwyn. Haar vlerke het sy wyd gesprei om haar kinders te verskans teen die skerp straal van ‘n koplig […]
kode
daar waar geen land meer sigbaar seemanne met harde werk verdien vistreilers uit op ope see onderhou lyne uitgooi afrol en snoeke optrek daar op ope see is daar gedragskode werk en nog werk tot kwota bereik is ware seemanne se arms word nie tam snoek op snoek word uitgetrek, getik seemanne dag op dag […]
ASIEL
ASIEL Sommer net n son-verflenterde fraaiingdag vandag , Hero; enne… Vrouwees brand soos ‘n vagevuur binne-in my; daar ver en diep in die labrinte van my gees. Iewerster tussen Hemel en Hel waar my lyf (en my siel) en die verborge, onbevange misterie van my vrouwees asiel soek in die passie van die Vlam en […]
Oorlog in haiku
jare in oorlog skans en loopgraaf vol vrese kindwees daar verloor aanvalle trotseer terugveg en agtervolging oorgrens se spoorsny mortiere val neer in hinderlaag vasgevang lewens verlore reëntyd of winter beproef emosies en krag tot jou uiterste einde onverwags bevele ineens gestaak hulploos vasgevang verraad geteken in eie belang jou land gevoelloos bedrieg ©adéle