Jongste aktiwiteit:

Junie(Bladsy 7)

Die ongewenste vryer ‘Dringend opsoek na dubbelloop haelgeweer om aspirant vryers mee af te weer.’ so lui my advertensie in die plaaslike koerant vroegoggend kom kuier die polisiesersant verneem verraderlik vriendelik hoe dit gaan voor hy dreigend vir my vermaan: “Jou advertensie is by my gerapporteer, as iets gebeur gaan ek jou arresteer!” Maar sal […]

Hy leef vir ons Koue klippies knars onder die voet stadig strompel-steier die klein begrafnisstoet na daar waar ʼn ronde klip weggerol is sodat spelonk lêplek kan wees vir sy laaste rus. Voor die Sabbat begin word die steen terug gerol hul harte gebreek, en hul trane rol niemand rus op die Sabbatsrus niemand is […]

wanneer die see in skuim verander weet jy daar buite was dit woes op my duin sien ek net wit sover as die horison feitlik geen golwe net wit skuim wat borrel en kook op strand lê twee diere wat dit nie oorleef het plante vorm soom van bruin wat oral ontwortel lê en snak […]

Ek kyk hoe lê die wit mis om Simonsberg se voet; sien hoe pryk haar kranse teen die môrestond se gloed. Oor die dale, teen die hange is die daeraad aan die vuur; die Boland rus onskuldig in die geboorte van die uur. Elke oggend – wyl my paaie met die boulevard langs baan – […]

Dikwels is ek sagte kruid; so dikwels is jy rots. So onvermybaar die gevolge as plant teen klip sou bots. Want steen verguis ‘n tengere en dink daar nooit weer aan; kruid buig laag, tel haar wonde – moeisaam sal sy op moet staan. Maar mettertyd word swakke sterker; sy leer – haar broosheid is […]

kom kouefronte bring reën vir die kaap kaap van storms en wyn kaap van droogtes en koring van volksplanting en pyn witperde jaag histeries golwe druis uit op strand palmbome se naelstringe rek wind speel malse danse oor my duin in fynbos gedagtes vlieg rond wat sweef word weg gewaai meeue gaan sit ©Teárlach

Ek is geweeg, te lig bevind. Jou uitspraak, so blind. Menswaardigheid gebreek deur jou stem gespreek. Jou woorde weergalm koud, delf op vernielde sinne van oud. Krap oop wonde wat wou heel, los verstikkende verdriet in my keel. Durf ek nie huil, jy vind dit as swak. Loop ek met ‘n masker op my gesig […]

Ou Kambroland In die verte van my oë strek ‘n Groot Karoo ‘n dorre aarde waar geduld vrugbaar teel aan ‘n eie liefde wat menig hart tog steel ou Groot Karoo kom deel met ons jou kambro laat my tog jou heilgdom betree waar jy my gemoed magies kan skoon vee ver staan ek en […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed