Eendag …..toe dit oral nog gereën het
dit reën daar is nie ‘n see nie die bome is wasig en die oorkantste huis so byna weg onder waaiende wolke mis ons staan by die venster in die bovertrek en jou hand is warm op my kielierige nek dit reën vandag net buite © Charleine Collins 22 Januarie 2019 Foto: Gerrie Germeshuizen © […]
bewimpel
niks in die natuur is vals nie behalwe as jy die mens daarin sien bosbok wat vroeg soggens blaf in sy gebied rooibokke wat sirkel en nies op hul hoop mis leeu mannetjie wat saans beduie hy is op jag kiewiet wat sy kleintjies beskerm met lawaai fisante wat hul kleintjies onder fynbos bêre jakkalse […]
Tanka – 2
‘n Nagtegaal sing tula-tula mymering wat syg deur die nag tot opgewekte voorspraak vir die nuwe jaar se koms (c) Erika (Silwer)
Woestyndrome
Ons het voetspore in die woestyn laat versand Die woestyn’t drome in my hart agtergelaat; ek wil sandkastele bou.
VESTING
vesting rondom ons nét as ons wíl hande vat een stem uit een hart ‘n loflied wat bergvas staan vaandel rondom ons gespan © Barbara Smit –19/01/2019
Oseaangraf
Oseaangraf (Vir Ingrid en Albertus) ‘n Oseaan van trane wat soos die getye kom en gaan kom en gaan… In die suising van ‘n skulp hoor ek jou stem ek moet gaan my lief ek moet gaan… In die sand en tussen blaasoppies lê my spore in die lig van die maan van die maan… […]
tanka 1
(goud) Overstrande groet die jaar met fynbosbrande, dae vuur en vlam en nagte hyg na asem – versmoor in rook, roet en as © Carma Shaw 21 Januarie 2019 4:47
Dodelike indringer
Sy val in by die deur Krisis! My hele bestaan! Iets vreesliks het gebeur! Kan skaars die trane keer. Ek probeer nog troos, maar dis skoon verdriet. Als was laas nog reg, nou is alles weg! My werk, my musiek en verwerkings is verwoes, al my foto’s het hy verloor. Al ons kommunikasie was pure […]
borrels
soos gister en eer gister sit hy op sy duin sweef sy gees hoog wat sou hy tog waarneem om hom lê duine rond en droog êrens onder fynbos lê grysbokkie rondom skrik fisante vir elke skadu sy hart klop reëlmatig soos metrumslag sy gesig verraai byna geen emosie waaroor sou hy so sit en […]