soeter
soeter as heuning is die veld se antwoord op gereelde reën wat daar val soeter as heuning is die nektar van die weskus fynbos veld lieflik is die kelk blare van die blomme wat oopmaak eers geel, dan wit en pers omsoom met ryke groen die blomme rykdom helder die vrolike stemme van mens en […]
gebed
“bid, en vir julle sal gegee word” dou voordag bid hy op sy knieë laat aand kom hul bymekaar en Hy bid deur die dag gaan skiet-gebede op “soek en julle sal vind” elke dag soek hy na die “vrede” met elke gelykenis het Hy daaroor vertel aanhouer wen, en sal uiteindelik vind “jy moet […]
Die Nagmaal
nagmaal van die liggaam en bloed van Christus ‘n teken, ‘n seël en middel van genade maar nie die genade self nie ‘n sakrament op die eerste dag van die week nadat die dag se werk beëindig is gebede en preek voorafgegaan aan die plegtige breek van die brood as verbond © Teárlach
ballade van die rooi-bruin hen
rooi-bruin hen stap fluks om die hoek kloek-kloek en fier op haar pote soos ‘n boek kwitter-kwatter skrop sy dat die krummels spat pik-sluk sy boervrou se fees-koekies op die blad dik gevreet pronk sy om die hoek van die stoor daar sit die boer en rook op ‘n stomp agteroor kewê-kewê begin rooi-bruin hen […]
GEDULD OOMPIE, GEDULD!
Elsa Meintjes (Nog nie ‘n ster status, my eerste stories) Woorde: 552 GEDULD OOMPIE, GEDULD ! Haastig en gewapen met ‘n botteltjie 70% handreiniger en masker vaar ek vanoggend die kruideniersware winkel in. Die Covid 19 gee ‘n kriewelrigheid agter my ruggraat af wanneer ek deesdae die winkels ingaan. Dit voel asof elke persoon wat […]
Rooi Stiletto’s en die jeans
Elsa Meintjes (Dis my eerste inskrywings, nog geen ster status) Woorde: 747 Rooi Stiletto’s en die jeans Hier staan ek nou voor rakke met skoene wat jou mond onbeskaamd laat oopval. Selfs al is jy nie ‘n skoen mens nie, hiérdie is op ‘n heel ander vlak!! Dit trek jou soos ‘n mot rondom ‘n […]
GORREL: MY GROOTSTE IRRITASIE
GORREL DIE IRRITASIE Deur: Elsa Meintjes (Dis my eerste inskrywing, nog geen ster status) Woorde: 386 Klanke van kuggies en keel skoonmaak rol die raadsaal binne en dis oppad in my rigting. Die grootste irritasie vir my op aarde het weer soos elke Woensdagoggend werklikheid geword! Dit maak nie saak waar ek my plek inneem […]
byterig
na weke se koue is my duin byterig die koue het sy tol geneem die reën het darem gehelp blomme spriet oral uit die natuur pas aan by elke seën by gebrek aan besigheid begin dinge roer oral kruip skemer beleggers in om te teer op die bestaande suksesse teen verdoeselde pryse wil hul infiltreer […]
Die dood kom in stilte
Korhaan hou oor donker waak; stom is die stilte slaap met ‘n swartsluier in ewigheid bedek in ‘n laaste lêplek kus- my trane tot jou eer. © Morné du Preez