Wat is REGTE-REGTE liefde?
Valentyn’s dag wat op 14 Februarie gevier word, is die dag waarop verliefdes hul toegeneentheid en liefde met kaartjies, geskenke en lekkernye bewys. Dit is ongelukkig ook die dag vir openlike rowery aangesien ʼn enkele rooi roos jou sommer R100 uit die sak kan jaag. Regte liefde is iets wat jou na jou asem laat […]
Kopiereg voorbehou(silwer)
As my hart ‘n afdruk was nés die foto’s van vervloë kinderdae en uitspansels van natuurtonele breek die blou in swart en wit; trane oor my graf skilfer die maan en rasper die oë vul die groen met vreugde vol liefdes gebare, slegs dan kan jy kopiereg voorbehou, bewaar die sak bewaar die meel bewaar […]
Glinster in jou oë(silwer)
Daar is ‘n glinster in jou oë in die bloedrooi smeulende nag, ek tuimel weg in jou melodiek vedrink in jou geur; hang my oor jou gedagtes want die liefde het twee kante- daar is kleur in sy dieptes en ‘n geraas in sy stiltes ‘n hunker verlange wat soos turksvye hang en die bitter […]
WRAAK MY LIEFDE (SILWER)
Die konsep van liefde word totaal misverstaan. Of laat ek liewer sê: meestal verkeerd geȉnterpreteer deur meeste mense. Dalk is dit net ‘n kwessie van verskillende opinies oor die uitvoer daarvan, maar hoe dit ookal sy, liefde is nie ‘n teorie nie, dis ‘n daad. Hoe baiekeer hoor mens nie Sê dit met liefde in […]
in kleur
– mens gemaakte goggas land op mars en neem fotos iets uit strokies prente van weleer vir eerste keer kom daar fotos in kleur verder as vier en vyftig miljoen myl deur digitale kommunikasie aan – hier onder ons voete druis en kook die aarde se magma in rooi gesmelte rots hier en daar kook […]
Liefde breeksels (Silwer)
so in sy omdraai-omkyk val die dag in kleine breeksels amper soos stukkies van skrapnel skuifelend en beurend uit die skadus voor die son al die afgelegde liefdes lê in kamers van verleentheid van eergister en gister en kyk huiwerend afwagtend na die vroëe uur wat kom wag vir elke brokkie liefde wat die nuwe […]
Effe blind (Silwer)
Effe blind die liefde vat ‘n lessenaar en pak sy laaie reg gaan sit dan op sy skrywerstoel en begin vredeswoorde vleg dit skryf rolle van verbeelding van die skitter van haar oë van die kurwes van haar vloei die lokval van haar lippe en die lofprys in haar glo wyk dan af na die […]
Liefdesnota (Brons)
Jou koorsagtige najaag en blatant-gewaande besitreg van my – jou ydele gebruik van my naam – Demoveer my tot klatergoud- bedrieglik mooi van aanskyn, dog innerlik saf en wesenloos Hoogagtend, Die Liefde
verwering
– jou ogies blink soos krale in die son sagte blou oë wat baie kan inneem – jou stem kom diep uit warm boesem waar jou siel sy hart koester en bou – jare se wind en weer en baringspyn het jou gesig in weerpatrone gesny – uit jou mond kom net rein gedagtes want […]