Kindwees in Oktober (Goud)
Onthou jy nog hoe kindwees sou afspeel in ons tyd Kleinwees kanaäntogte; her-en-derwaarts se jolyt Tye was nog anders en die sombere nog sag Oktobers was in dartel en deur die winters sou ons lag Bleker in die maanlig het die nagligte geskuil Eksoties was ons drome en Ragfyn was ons huil Andries Fourie (Seirdna) […]
deur gebroke mens
– douvoordag kom dit die koel luggie vanaf die see soos deur ‘n donker woud waai dit om my heen – in my lewensweg kom die boodskap ook aan deur ‘n gebroke mens sny dit deur my siel – die natuur se stem kom helder en verfrissend oor fynbos veld en duin weergalm dit in […]
Bosklip
My Hart klop aan jou deur Verlangend na jou geur Hoor die stilte in jou treur Welig botsel, blare slaan deur Wag-‘n- Bietjie, hou gedwonge vas Naboom, onvanpas Knoppiesdoring, gebulte bas Mopanie, vou wurm vas Koorsboom, sonder koors Maroela, gee wingerdgriep Rooi-ivoor, sonder tande Hardekool vir maanligaande Soetdoring, doring in die vlees Flambojant, rooie pierewaaier […]
Kronkelpad
Vêr Verder Verste Kronkelpad reis belaai met soetste herinnering koffers vol gebeure besaai die lewenspad almal ingepak reis maar net weer verder op die kronkelpad afdraai paaie van die verlede raak jou wese en maak jou sterk laat jou terugloop na ‘n duidelike spoor op die kronkelpad Diep Dieper Diepste spore getrap op die kronkelpad […]
Ysland
YSLAND ‘n Duetgedig Reykjavik ek hou van jou jou stege en jou brabbeltaal waar jou warm baddens uit die aarde aai jou strate see toe loop teen ‘n oer-oue pas jou sneeu oor lawarots en yswind teen my wang ons is twee reisgenote en voor ons verder ry onthou ek ons is hier weens veertig […]
oorsig uitkyk insig
– in die oorsig van my lewe is die uitsig skoon dit was nie altyd so nie soms sien ek net hoe ek voel ander kere sien ek met insig omdat my uitkyk positief is dan verkry ek insig in my lewe – ©Teãrlach
Genade reën
Ontplof die vaal landskap in die mooiste kleure Kyk rond die barre veld lyk asemrowend – slaan jou asem weg Trek my hart ‘n punt O Heer Bloei my siel bloeisels En in die rustige soet genade Reën sag – strelend soos ‘n soen van geluk
Oktober kraai beslis nie koning nie (Silwer)
Ek het nog altyd geglo die mensdom is na-apers. Tropdiere met ‘n voorloopskaap. Dit is ook al oor en oor bewys. Kyk nou maar hoe maklik hang almal “slim sêgoed” aan. Iemand raak byvoorbeeld op ‘n dag digterlik en raak iets kwyt soos “Oktober, die mooiste, mooiste maand,” en dit kos net een oplettende digliefhebber […]
Gun ons die hier en nou (Silwer)
Die jaar is vinnig besig om onder ons uit te gly. Terwyl ons nog die mooi en vrolikheid van Oktober, met al sy blommeprag, geniet, blink oral in winkelsentrums reeds tinsel en Kersfeesklokkies. Word geskenke oordadig uitgestal om jou daaraan te herinner dat jy finansieel sal moet sak skud, want die seisoen van gee en […]
groot groter begroot
– hoe ouer mens word hoe kleiner lyk dinge uit die verre verlede – hoe langer mens lewe hoe groter die behoeftes hoe kleiner lyk pensioen – eers word mens langer dan word jy net breër uiteindelik krimp jy weer – as jy vir groot begroot het weet dit gaan te min wees gaan vir […]