‘n Somersdag deur ‘n kantgordyn
daar was ‘n sagtheid daai dag- amper so ‘n reinassance gevoel karma posisie no 67 sweet op sweet het ons lywe mekaar geheet blare wat in die strate buite joel die aarbei geur van jou lippe asemdiep in die klopstamp van my hart oomblike vlieg verby met die klapwiek van tydlose vlerke op ‘n kerk […]
Oktobergees(silwer)
Onder ‘n spieëlbloumaan kan ons ooit vergaan tot die oneindige dilemmas ons wêreld verwoes in ‘n roetroooi vulkaan, betwyfel ons steeds elke oerknal deeltjie wat- roekeloos roep. ©Morné du Preez
ken jy ou der dom
– een steun en een been o my knie een trap een sug nog ‘n trap nog een sug nog een steun op ander been nou eers bietjie gaan sit en rus ek verdien dit op pensioen met een steun en een sug gaan ek sit – ©Teãrlach
Ek wens vir jou
Ek wens vir jou ‘n sonskyn dag sonder probleme wat op jou wag. Ek wens vir jou wit wolke in die hemel blou en familie en vriende wat jou in liefde toevou. Ek wens vir jou kalmte en vrede in jou hart en dat God jou sal help met elke tree wat jy stap. Ek […]
Oktober trane Silwer
Onder die treurwilger bloei ’n roos Kromsteel opgedraai na die son Tranespikkels Oggenddou Blink soos diamant Elke roosblaar Roesrooi druppelnat
Windpomp Lewe
Vas geanker op pilare platvorm vir kop en stert twaalf voet rotor ses voet stert roerende ratkas helder water Waar lê jou anker mensekind het jy ‘n platvorm vir kop en stert nie eers ses voet lank en sonder stert dansende juigende mens van selfvermaak Rotor en lem beur, wind gedrewe rammelende ratte suig koper […]
Wêreld in Rooi
Rooi mooiste mooi Rooidag breek in die ooste Rooikop fisant skaterlag Rooivink verkondig nuwe dag Rooi gekelkte angeliere Rooi rose vir ware liefde Rooi vleilelie beter geklee as Salomo Rooiborsduif vir die digter Rooi beeste op wye vlakte Rooigras plate, vol in die saad Rooigrond laat mielies bewe Rooi trekker draai die sooie Rooi granaat […]
Nuwe seisoen
In die verlede was dit beslis die mooiste maand, maar die afgelope 2 jaar kan ek nie daarmee saamstem nie. In Suid-Afrika en ander dele van die wereld is baie mense oorlede, talle ernstig siek. Hospitale is oorvol, en begrafnisse het toegeneem. Besighede sukkel met die ekonomie wat verswak het. Menigte is deur die covid […]
hernude geloof
sonder die bril van Covid ervaar jy weer kleur as jy bid proe jy die sonskyn; verstaan die storm se lyn kreukels van inperking rafel aan vriendekring torring aan vertroue wat verbrokkel in aanskoue snotneus spat soutbranders is dit net ek … of ook iemand anders? paniekerig in waterwals kleingeloof skink net wilde als stikkend […]