konsolasie (silwer)
die jakarandas blom weer geil vanjaar ‘n lilafees vir ons gespaar bied vertroosting teen hartsverlange oor elk’ beminde verganklike ©Driekie Grobler (2022)
Soet Genoeg
Soet genoeg Suiker in my koffie, en suiker in my tee. Tjokits vir brekvis, en tjoklits vir dinee. Sweeties vir jou, en sweeties vir my. Jou lyfie is die roomys, wat deur my hande gly.
gemene(b/p)es
gewroegde land geknelde land verguisde land met sy doringboompie geskiedenis sonder sy volks ideale en morele waardes gestroop van sy minerale rykdom in grondstowwe gestroop van sy selfregerende strewe en trotsheid in homself verward tot die tiende geslag se straf reik daar steeds skape ter slagting gelei na die gemene(B/p)es se valsheid soek hul steeds […]
Kuier by die Kaap (Goud)
as jy draai by die kaap mag jy tog so rustig slaap en jou voete in die sand speel saam golfies gestrand bly windjie waai, bly die windjie swaai soet in die blou hier is die wêreld vir jou opgetooi veldblommetjies en fynbossies vir jou nooi maak jouself tuis soos ‘n snoek in die kombuis- […]
Veto (Silwer)
ek het my hart aan jou ontbloot maar jy het dit nonchalant geminag met ‘n passante handveeg (sonder medelye) my emosies verklaar as onwaardig ©Driekie Grobler
Tuiskoms (silwer)
kaggelvuur knetter knussies ek nestel stywer teen jou vas knuffel-woel totdat ek in jou lyf se buiging pas dis gemaklik in die stilte wat loom oor ons kom lê want woorde is oorbodig wanneer harte alles sê my gedagtes neem ver paaie oor die weg wat ons moes loop oor die volheid van ons lewe […]
Namakwaland (silwer)
Kyk net hoë blink haar swartklipoë as sy stralend in die arms van die oggendson ‘n liefdesliedjie sing haar duinsandwange bloesend rooi sjiek geklee in mooiste madelief en vir haar slanke hals het Hy vir haar ‘n snoertjie druppels uit die lentereën gebring ©️Elize Kruger 16 September 2022
Oggendvers (goud)
voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n wens vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskynende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
sigbare geur
uit die oog uit die hart dit wil so lyk dink hy in smart al die ure en dae saam was toe net in naam oomblikke van opwinding die reuk van haar wat nie ruik nie nie in parfuum verdrink nie so eg vrou, aroma uniek daardie geur sonder taal die rit op die trein […]