naam
naam toe skep ek winterwind in opsteek bedaar rooi woede by my vergeet ‘n beker vol lentereën, sag geval drenk tong verdor in verstarring verval by my gehou wit somerweerlig, puur verlig donker hart met heil’ge elmsvuur ook het ek herfs se okertint vir jou oë in grys verdrink en my stem is diep in […]
jagdans
jagdans roep van ‘n naguil word gehoorsaam met die skyn van ‘n silwer tweepunt-maan duister in sy jagdans laat die skemervlerkkabaal bedaar daglig is die nag se vangs oor die panaroma is ek agteloos ook sy, wat warm teen my lê veeleisende gedagtes val elk in die wandeling ek word rustig in haar asemhaling voor […]
wense
. mag jy baie geseënd wees mag jou dae vol sonskyn wees mag jy net gesondheid en liefde leef mag jy baie getroue vriende en vriendinne hê mag jou lewe vol probleme wees wat jy opgelos het mag jou kinders jou baie lief hê en respekteer mag elke dag se daglig jou weereens tref mag […]
Waarom mense bly.
Waarom bly mense in verhoudings waarin daar herhaaldelik op hulle verneuk en gelieg word? Die hoofrede is ‘n ongegronde vrees vir alleen oudword. Ongetroude paartjies se kollaterale rede is die idee dat die huwelikseremonie iemand permanent kan verander. Die vrees en valse hoop is in baie gevalle so groot dat ten spyte van gedrag, wat […]
Ons is nog op die bottel
Want watter mens ken die dieptes van ʼn mens, behalwe sy eie gees in hom? I Korintiërs 2:11 Dit lei geen twyfel nie dat dit ʼn merkwaardige en spesiale ouerskap verg om ʼn gestremde kind op te voed (veral as die gestremdheid geestelik van aard is), maar om te glo dat God doelbewus skep met […]
vaagheid
. uit oopgesperde hande rol dollars vry en gratis koop siele van die dwase beinvloed ook hul denke manipuleer hul norme . mense in eie gemaksone lewe rojaal en uitspattig ignoreer hul eie gewetes hul tyd gerig op plesier waarheid onbelangrik . uit die mond van duiwels word dwase mense gevoed met wêreldse gewoontes wat […]
swart
bitterdors het gif gedou agter skilderbontblou vasgehou swart verswelg die sagtheid verbrand jou tong in gal ©VonVillon
ek is die vers
op die ritme seil my lag die rym golf my liefde oseane onder die breek van dag ©VonVillon