maat
op die ritme van tortelduif se musiek bons my hart dankbaar oor sonstrale wat op my gesig sprei kransduif se brom maak my soms ru wakker uit drome van lang nag kyk my verbaas aan as ek haar jaag brakkenjan vroetel vroeg ongemaklik soek aandag, vertroeteling hy weet daar is stap wat […]
Tuimel tot by die lig
Tuimel tot by die lig My woorde het die pad gevat my gedagtes in die donker verdwyn my passie stadig gekwyn niks meer om te sê met ‘n gees wat net wil bly lê emosies duik een oomblik die dieptes in dan dwing my gewete my om weer te begin kla my aan, “krap die […]
sitaat uit onderbewuste
stap my gedagtes vandag op ritme van onbekende woorde woorde wat allitereer en verteer wat skokkend op sagte ore val snou een libero, ongesensor sy gehoor as “poepol” toe sag soet en singend zoem zoem woorde vloeiende gedagtes waterstrome van pure genot ek is versot op my taal wat vloei wat daerade […]
ʼn Handvol honger wolwe
(Woordtelling 784) Dit is nou al ʼn geruime tyd wat ek probeer om hierdie twee wolwe in my binnekant se bekke toe te druk, maar hulle bly dreig om uit te kom. ALMAL van hulle, maar watter een sal ek voer? Sal dit die Acrylic Pouring wees? Ek het juis lankal weer lus om […]
sommer net
sommer vir altyd sommer geneëndheid sommer vir die lekker sommer saam met wekker sommer vroeg en wyd © Tearlach.
Uit die gewelf
ikoon Agάpē se stem liefde in die lirieke binne die idioom van Sy Almag rympatroon Hy die mens uit die stof van die aarde met Sy beeld en Sy gelykenis omarm Hy die liefde met Sy genade Agάpē metafoor Sy Liefde in die suggestie van elke korreltjie sand se liriek sonnet Hy liefde uit die […]
Red oupa se plaas
jare van geloof en hoop het verloop van haar bekoring is sy gestroop haar rivier bruis nie meer vrolik oor die spoelklippe eertyds onstuitlik ek voel nie meer haar hartklop passievol met elke perd se galop ek ruik die hartseer in haar winde nêrens is troos vir haar kroos te vinde ek proe nie meer […]
My Volk
eens; soos ’n bergpiek, uitgetroon bo die landskap langs ’n helderskoon waterstroom, waar die son oor sy kaalkop streel, en die môredou van sy voorkop vee, terwyl die diep plooie in sy blad, mos bedek, yl geklos op sy wange, plek-plek gevlek gelos, sy karakter sterk vertoon het. In die voue van sy blad gekleef, […]
Ekwilibris in die mis (brons)
ʼn getoiingde kabel tot breekpunt gespan tussen hemelhoë torings hul spitse verlore in die mis en ek, lompaard, skuifel daaroor onvas en onseker altyd een struikel weg van die dieptes daaronder ek weet jy voel dit ook vrolik, skaars veertig het sy afgetuimel weens ʼn bloedklont deur die hart en hy, met ʼn voorbode in […]
Berghaan uit die blou (Brons)
vir ʼn duif dra die dood nie ʼn ritselende mantel en bedruipte sens om siele mee te maai nie ʼn gesig van vlamme deurklief ʼn nimbuskroon terwyl grafswart lanse uit gesperde kloue kaats want die noodlot slaan toe vanuit die klare hemel op wydgespande vleuels waarvan die spitse sagkens fluister © Cobus Kruger, 2024