Mure van Sout en Tyd
Mure van Sout en Tyd waar vissershuisies hurk teen sout se koue kus lê skadus lank oor sand wat stilweg lê en rus mure in melk-kalk en room se ligte geur breek die wind se stem voor elke huis se deur golwe verf die rots in skuim se wit tapyt ‘wyl meeue draai waar sonlig, […]
Rotstekening van wysheid uit die Linkerhand
Lank gelede, toe die Kalahari se wind nog stories in die wolkies waaisand onder sy voete oor die duine gedra het, was daar ’n jong seun met die naam Khu. Hy en sy gesin was deel van ’n groep Boesmans wat naby die Tsodilo-heuwels in die Kalahari in noord-wes-Botswana woonagtig was. Sy ma het hom […]
ritmos
tydens dagbreek van ons vriendskap het die strale al verskyn sonstrale van genadige hitte skerp gespits in helder kleure beloftes van wat nog kan kom melodie van ons saamwees polifoniese tekstuur of monofoniese ritme in jare vervorm © Tearlach. Ritmos – grieks vir ritme polifonies – veelstemmig monofonies – eenstemmig
Die Sage van Kadean, die Teenwysige (502 woorde)
Die Sage van Kadean, die Teenwysige Eone voor die berekening van tyd, het ek, Aequitas, regeer. My leuse eenvoudig: Geregtigheid — Gelykheid — Billikheid Vir Almal Oorkant my, het Kadean gewoon. Skilder van wolke. Wewer met skaduwees. Argitek van blomme, riviere, takke, voetpaadjies, golwe en spirale. Niks was reguit nie. En tog was sy oë […]
Aus Deutschland mit Liebe: Uit Duitsland met liefde
Ek lees ʼn paar bladsye, sit die leer boekmerk terug tussen die blaaie waar dit was en bêre die boekie met die verweerde leeromhulsel weer diep onder in my kas. Ek maak my oë toe, maar ek weet ek sal nie slaap nie. Wat ek wel weet, is dat die gaskamers van Auschwitz van nou […]
Die Linkspoot-Filosoof Katastrofe
Die Linkspoot-Filosoof Katastrofe Kort duskant 9669 hoppe op 'n sinkplaatpad verder, hoor ek weer: "Ons is amper daar!" Begin dit byna glo, want die padtekens staan al digter opmekaar, "Hou Links. Regs wil Verby." Skielik, 'n vurk in die pad. Middel voor is 'n kakkerlakkamp. Met rooimiere op patrollie. Regsom — teen die hoogte op […]
vervul
daar hang mis oor my duin nag se donkerstrale beweeg langsaam spookbeelde dans oor dreunende golwe kermende meeugeluide vul die grys lug met elke brander die wit soom wat lewe uitstort oor sand so vorm elke gedagte sy eie relaas woorde wat uitstrek oor wye velde van aktiewe breingolwe in sensoriese reëlmaat van […]
Piet Andersom
Soos dit seker maar in enige linkshandige seuntjie se lewe gaan, moes ek ook deurloop onder die venynige tong van ’n onderwyseres gedurende my kinderjare. Ek was vier jaar oud en in die voorskoolse klas toe my juffrou my potlood uit my linkerhand geruk het. “Nee, seuntjie, jy hou nie ’n potlood met jou linkerhand […]