Eenling
Stilte drup klankloos, tydsaam
stilte vou leë arms om my menswees
dit druk my vas
in die gang, die kombuis, voor die rekenaar –
mense lag en steek kerse aan die brand
karre ry verby,
facebook word ‘n feesmaal van vrolike gedekte tafels
en vakansies-by-die-see
“dit sal beter word!” in die nuwe jaar
kyk hoe skitterblink die môrester
daar ver
Elizabeth Kendall ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.