Jongste aktiwiteit:

Tussen my en jou

Daar het ‘n straal gekraak
toe die son opkom
en ek hom deur die glinster
van jou oog wou vang

hy lê nou op die grond
besig om donker te word
sy splinters skyn soos glas
deur die gleufies
van wat ons eenmaal was

toe ek my hand uitsteek
en saggies aan hom raak,
het sy eggo in twee gebreek
en nou staar ek sielsverstom
na die immerniks
tussen my en jou.

Caren Kearley (2018)
© Kopiereg Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed