Liefdestring (Silwer)
deur sielsverlang
kan ek met nabetragting
my *koestermense
aan die hede kom hang
van heinde en ver naderhark
oor *instringtye
se goedvoel besin
en opnuut vasknoop aan my hart
só die Paasverlange verdring
en systap hierdie gedwonge afsondering
©Driekie Grobler
*koestermense – geliefdes na aan my hart
*instringtye – bymekaarkomtye – samesyn
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek