Jongste aktiwiteit:

Die kuns van skryf

Woord vir woord
uit die siel gepars
drup skarlaken druppels rooi
maar mooi

Doop die veer in
jou eie diepste seer
Spelonke lanklaas besoek
eggo’s van verlore wat
jy vir ewig bly soek

Stalagmiet van hoop het in my hart opgeskiet
Oorhang deur stalaktiet van verdriet
hart afgeskiet

Veer gedoop in vlam
daarmee graniet graveer
is woorde wat verteer
bloot net ink op veer




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed