Koekemakranka (Brons)
Koekemakranka! Ek weet ouma was ‘n eienaardige onvoorspelbare tannie vol streke, maar hierdie vat die koek! In my hand is die vergeelde briefie in ouma se eie handskrif wat ek onderaan die een laai gekry het. Ouma was eksentriek en nie ‘n tipiese ouma nie, maar ek was ongelooflik lief vir haar. “Belowe my jy […]
Die onbekende violis.
Vandat ek kan onthou, is ek absoluut versot op klassieke musiek. Dit het net ‘n manier om my tot in my siel rustig te stem. Dus, toe my vriend, Riaan my nooi om na ‘n simfoniekonsert te gaan, het ek nie vir ‘n oomblik geaarsel nie. “Ja, dit sal heerlik wees.” Die aand van […]
Landslied Simfonia
LANDSLIED SIMFONIA Geskryf deur Fanus Strydom 4074 woorde Die mense van Simfonia was oortuig daarvan dat hulle nooit weer die hemelse klanke van hulle geliefde landslied sou hoor nie. Die onderdrukking daarvan het so vinnig en totaal onverwags gekom, dat niemand gedink het enige-een sou ooit weer die dag beleef om weer die heilige […]
Getrapte spore
Die getrapte spoor. Grondpadry is nie altyd sonder sy probleme nie. My eerste werklike kennismaking en ondeevinding met grondpadry (papnat grondpad) was op die vooraand van my troue. My (toe nog toekomstige) skoonouers se plaas was bykans 70 km buite die dorp. Alles rooi grondpad. Ek moes een aand ry om my suster, wat met […]
Die skaal lieg nie (Brons)
Die skaal lieg nie 103. Dit is mos nou wat die badkamerskaal my gisteroggend wou kom vertel. En al wat ek wou weet is hoeveel ek weeg. En dit sonder ‘n draad klere. Dit is mos nou glad nie moontlik nie. Daarom het ek maar vanoggend die ou skaal weggegooi en gou dorp toe gery […]
TOE VAL LIG
TOE VAL LIG Geskryf deur Fanus Strydom 3372 woorde Die grysblou volmaan soek onseker na deurkomplek iewers tussen die donderwolke bo die kuslyn deur. Dit gly onvas tussen vlae reën en digte miswalms bo ons koppe verby. Tussen die berge aan weerskante van die stilswart hawe hang die naghemel laag en swanger met stormbelofte. Ek […]
Verfoeilik, veragtelik.
Despicable. Verfoeilik. Veragtelik! Uncle sit gebroke voor my. Hy het soos hy gemeen het, vriende is, vertrou. Vertroue wat hom net nog weerloos laat. So twee jaar gelede het hy, met sy hardkoppigheid, tekenend van mense van sy ouderdom sy ou karretjie sónder water gery. Natúúrlik het die engine te warm geword en het hy, […]
Uncle en sy Blue Bird of Happiness
Uncle en sy Blue Bird of Happiness Uncle se beentjies waggel. Die jare van eensaamheid het kom bed maak in sy gemoed. Al die mooi en sleg het kom dans in sy kop – en soms raak die wysie asook die passies so bietjie deurmekaar. So slaap hy deesdae al meer. Oral waar hy plek […]
Uncle en sy birdbook
(Uncle is ‘n ou oom waarmee ek ‘n huis gedeel het. Hy was verwaarloos, weerloos. Eensaam en verlore. Oor ‘n tyd sal ek fotos van hom plaas, met vertellings van hoe ek hom ervaar het.) Oor hoe groot die voorreg is om iemand in sy laaste, (sal ons praat van maande?) tyd klein vreugdes te […]
Grond en olywe (silwer)
Grond en olywe (718 woorde) Die dag toe my boer my gevra het om te trou, was hy nie ’n boer nie. Hy was ’n onderwyser. Ons het mekaar op die eerste skooldag van 1994 in die personeelkamer ontmoet. Hy was in klaskamer 6 en ek in 7. Hy het spiesgooi afgerig, en ek skyfwerp. […]