Die Dag van die Dooies
(997 woorde) Vir die deursnee Westerling is die Mexikaanse tradisie, Die Dag van die Dooies, ofte wel, The Day of the Dead, niks anders as bisar en selfs grillerig nie. Tog is dit in dieselfde oomblik is dit ook bewonderenswaardig omdat hulle sonder skaamte die herinneringe van hul afgestorwenes lewendig hou. Anders as die Westerling […]
Lewegewende lente
Die wind kry nuwe asem, waai koel oor die sagte groen blare. Die koue donker van elke wese voel ‘n herlewing, en kan weer leef! Lente het die mooiste kleure, helder kleure wat met ‘n natuur’kwas die allermooiste blommeprag skilder. Alles word weer gesuiwer en vernuwe, vrugtebome sal weer vrugte dra. Jy kan jouself voorstel, […]
Buig jou knie en vra Silwer
Buig jou knie en vra. Wanneer buig jy die knie? Wanneer jy oorgee of wanneer jy nederig is? Of bloot net omdat jy daardie groot vraag wil vra? Daardie vraag wat vele dames se harte week maak. Die tradisie van knie buig wanneer ‘n man ‘n meisie om haar hand vra, dateer moontlik uit die […]
Om te eier of nie te eier nie
Paasfees is ‘n wêreldwye fees alhoewel nie almal dit op dieselfde manier vier nie. Die eerste Christene het Paasfees “Pasga” genoem, ‘n Hebreeuse woord. Waarvan die oorgrote meerderheid van Christene dalk nie bewus is nie, is dat die oorsprong van die woord “Easter” afgelei is van die godin se naam Eostre en hierdie fees het […]
Laat ons oor liefde praat. (BRONS)
Laat ons oor liefde praat. Seker die onderwerp waaroor daar nog die meeste geskryf, gepraat, gesing en gefilosofeer is. Liefde omsluit ʼn kombinasie van toestande, geestelik en emosioneel, wat kan varieer in gewoontes en tot diepe aangetrokkenheid kan lei. Die tipe aangetrokkenheid dui op die gevoel van liefde wat verder strek as blote guns of […]
Wat is REGTE-REGTE liefde?
Valentyn’s dag wat op 14 Februarie gevier word, is die dag waarop verliefdes hul toegeneentheid en liefde met kaartjies, geskenke en lekkernye bewys. Dit is ongelukkig ook die dag vir openlike rowery aangesien ʼn enkele rooi roos jou sommer R100 uit die sak kan jaag. Regte liefde is iets wat jou na jou asem laat […]
Die wêreld in 2021
NIEMAND het die ineenstorting van 2020 sien kom nie! En ALMAL se verwagtinge – wat dit ookal sou behels – moes opnuut herrangskik en heroorweeg word. Buiten die twee wêreldoorloë, het ons al ooit op hierdie skaal so ʼn globale trauma beleef? Enige verwagting dat ons lewe rustig in sy gebaande weë sou voortbestaan asof […]
LEEF LIG HIERDIE SOMER (Brons)
Met die aanbreek van ‘n nuwe seisoen is daar altyd so ‘n afwagting in die lug, veral na die winter. Die afgelope winter was, soos alle voriges, maar koud en dood vir die meeste. Maar … 2020 se winter het eise gestel bo almal se verwagting. Tog is daar mense wat floreer in die winter. […]
Die veeldoelige toiletrol
Die veeldoelige toiletrol… ‘n Toiletrol is weggesteek agter lae papier. Die uitvindsel is so oulik dat elke huis in die wêreld een iewers in hul huis het. Ryk of arm, jonk of oud, die kontrepsie word oral gebruik. Sonder dit kan dit benoude oomblikke veroorsaak veral as jy alleen is. Ek dink almal kan ‘n […]
Dood waar is jou angel (450 woorde) – Brons
My ervaring om ‘n begrafnis in “lockdown”tyd by te woon, het my tot die besef laat kom dat Covid-19 ons nie net fisies en emosioneel kom inperk en afsonder het nie, maar emosioneel groot skade berokken het. Alhoewel ek hartseer is oor die verlies van ‘n familielid, was ek ook heimlik opgewonde om weer familie […]