Joburg gen se stoel.
Sit of staan Op n stoel of teen n raam Die noodlot van pyn Versamel ons saam Verband of toerniket Is hier die etiket Vertel die storie van die lewe se wet Ouderdom van een tot n honderd Die traan in jou oog Spreek van pyn verwonderd Die rook aan jou klere vertel jou storie […]
Skiereiland
Skiereiland Los my in die vreemde en ek rig doelgerig en instinkmatig nes die swaeltjie direk na sy nessie my koers suidwaarts en huiswaarts— Los my iewers in die land en nes die posduif land ek koersvas in my hok— Waar ek ookal gaan lok huis en haard altyd suidwaarts na die Boland verby tot […]
Briefie vir jou (1) …
die oggend het gekom sonder ‘n blink sonstraal en dis op sulke dae dat verlange my inhaal dis die kere wat ek jou so graag by my wil hê sodat ek met jou kan praat sonder om ‘n woord te sê dis die kere wat ek net teen jou bors wil leun sonder om te […]
Dagdroom Illusies
Alles is onheilspellend stil my gedagtes lê gemaklik opgekrul in die holte van jou meestershand wat lol met my gesonde verstand. My denke dagdroom idilies illusies van jou en my op ñ duin waar ons slegs die see se hyg en die geklots teen ñ rots saam die klop van my hart teen my bors […]
AMETIS (dis in die klip)
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Hoe glo jy in liefde
Hoe skryf jy van liefde as jou hartmure bloei oor distels van glisters waar geen rose meer groei Hoe lig jy loodswaar hoof na die goudstraal van son as jou hele wese ween oor – as dit maar net kon Hoe hoor jy die geroep van tortelduif na sy maat as jy steeks staan trippel […]
Vergifnis
Vergifnis Daar is geen volkome vergifnis op aarde te vinde nie want die gif bly steeds vassteek in die middelste lettergreep daarom sê die mens ek vergewe maar ek vergeet nooit omdat niks die gif kan uitwis uit jou geheue nie. Daar word wel met groot vertoon hande geskud om die vrede te beseël maar […]
Daarom Is Ek Lief
Daarom Is Ek Lief Toe sien God alles wat Hy gemaak het en dit was alles goed in Sy oë, daarom is ek lief vir die lewe en die wêreld want Hy het dit goed gevind— Ek is lief vir al die geskape skoonheid in die natuur van fauna en flora ook berge , vlaktes […]
Ek het vandag vir Jesus gekruisig
Toe ek die spykers deur Sy hande kap aangevuur deur my sondige natuur het Hy met deernis na my gekyk Die Liefde het nie uit Sy oë gewyk toe Hy pleit: “Vader vergeef hom want hy weet nie wat hy doen nie” Hy het gesê: “Ek het dors” Toe doop ek die spons in die […]
Anker
anker as ons gaan slaap in ons ou houthuis voor op die sand van Adresloosstrand droom ons van mekaar gebind sonder winters net die son wat skyn en my hart losruk uit my bors en gaan anker teen jou lyf ©Anton Kilian