Lopende Gedagtes
Prediker het gekyk en Prediker het geskryf. Nie lewensfeeverhale nie, maar oor sy eie uitdagende vrae. Die lag van n mamma as baba opdaag, aan die anderkant op dieselfde dag, vee n pappa sy trane by die kant van n kindergraf, en sug, Here, wat n droewige dag. Hoe lank is lank as ek moet […]
Herfsman
herfsman, herfsman vertel my waar kom al jou kleure vandaan jy inspireer die pad van n kwas op n doek so ook die van harte wat naarstigtelik soek jys die aankondiging van n einde van iemand se siesoen van lyde maar tog ook van n begin maak net seker God is ook daarin herfsman, herfsman […]
Sigbare vlees en onsienbare gees (Carpe Diem – “Gryp Die Oomblik” Sonnet)
Die son bestryk verblykte blare goud in herfs se matte okerkleurigheid en tussenspasies skaduwees verkoud, verdwaal in swak-onthou vergetelheid. Maar vooraand word windstiltetjies ‘n bries wat geil en dwarrels teen die kranse gier; die skamelsyfering uit rotse vries langs witgekalkte nes van lammergier.̀ Wit lê die ryp om bogrondgroei te weer en roesgevlekte blare te […]
Slaap
Slaap As ek snags op jou le en wag soos ‘n minnaar verlangend, soekend smagtend dat jy kom… Gedagtes reis oor verlede heen, selfpraat, “Hoe kon jy?” Verwyte- was so dom gewees, beelde, aanklaerig-onthou tog! Twyfel oor wat kon wees. Ontwykend jou vlug, dartelend, uitlokkerig-kom; al grypend vang ek jou mis. Jou flirtasie met my […]
Genade
Genade Sondaar soekend hart roep na God. Onkundig vloekend eer geen gebod! Weifelende lewe leeg sonder sin. Niks voor te strewe geluksvrede is min! Dolle gemoedstoestand moeg gestry! Voos uitgebrand eindeloos gely! Lewensvreug gejaag sondaarsin ervaar. Verwoes, verlaag opgeleef en klaar! Skuldig, is verdoem verklaar gevonnis. Godsgenade roem salige kennis. Dan genade, vergewe verlos uit […]
Refleksie
Refleksie O, hierdie hart van my, hierdie hart van my word weer flenters gesny deur die pragtige vioolconcerto van Mendelsohn wat my hart in spontane refleks weer oopruk en ou herinnerings laat uitstroom wat die walle van my gemoed oorstroom met ‘n trane refleks oor die skoonheid van woord en klank— Dit raak my siel, […]
Liefde se voetspore
In die reënwoud se klam het twee voetspore gehang in die watte van groenmos afgeêts, vasgevang In die wolke se blou-grou kon soet spookasem- wind gedagtes van gisters stokkie-taai verbind Met grys gruispad se grof stapel klippe reeds gekou tussen kosmos daarneffens wieg weelde – beelde onthou Langs die spierwit geraamtes op Skedelkus se strand […]
Onverstaanklank van woorde.
Tussen die dorre stoppels van onmagwoorde dwarrel daar dwarrels in my om nie te kan sê wat die verdiepte musikale akkoorde van my hart se klop voor jou voete neer wil lê. Maar, my hartlam, onthou jy nog die maan se skyn, die weggee van sy goud as glorievolle pand en ons beloof om liefwees […]
O Here ! Hoor!
Toe die nag uitvloei deur die uurglas se spleet het die dag op die grond geval en die tyd van die dag is nie gemeet aan die son wat in die middaguur stil gaan staan nie. En die gees van die wind het die nuwe botsels bruin geskroei en dit saam met die aarde laat […]
Joburg gen se stoel
Sit of staan Op n stoel of teen n raam Die noodlot van pyn Versamel ons saam Verband of toerniket Is hier die etiket Vertel die storie van die lewe se wet Ouderdom van een tot n honderd Die traan in jou oog Spreek van pyn verwonderd Die rook aan jou klere vertel jou storie […]