Vuurspoor
In die herfs van daardie jaar was die Weskaap aan die brand en ‘n vlam het oor die berg gebaan van Stellenbosch tot Jonkershoek. Die rook het hoog en wyd oor piek en dal gehang. En tóé toe het ek na reën verlang – nes die fynbossaad wat in die asspoor lê en soos lelies […]
vleesloos
Saluut aan hom in wie die gees triomfeer, aan hóm wat nooit op sy liggaam roem nie – wie sy wese anker in gister se spore, sy môre visioen vér verby dié wat hom eer. Hy lewe met hart en siel, hoop sonder vrees of perke. Oorwinning medalje op sy bors, verlies kom tot krag […]
Groen ewigheid
Teen klipperige bulte skreeu die stilte net ek en jy en die berge Ek kyk na jou en jy na my jou warm glimlag skyn sag deur die groen van die blare Deur gate van gister oor strande van ons mǒres dan in die bloue hemele vlieg saam ons mooiste drome Ek kyk uit oor […]
Stofberg – ń Lappie dorre aarde
Mamma was slegs vyftien die jongste skaars twee tussenin nóg sewe wat ouma kos moes gee. Oupa het haar nagelaat met nege monde om te voer op ń plaas wat smag na water moes sy alleen op boer. Soos die watervlak gedaal het het armoede gestyg met ń tweeskaar ploeg het sy deur wintersknou en somer […]
Kompetisie vir lede bo 50 deur GrysKrag: Engel op jou pad – gou speel skrywers net 1 dag oor!
Ons het vandag van hierdie kompetisie vir skrywers gehoor en deel dit graag met die INK lede. Kompetisie vir lede bo 50 UITNODIGING Skryf oor ‘n ‘ENGEL OP JOU PAD” GrysKrag, in samewerking met ‘n geesdriftige borg, Riaan Greyling, wil ‘n bundel met kort bydraes publiseer oor die onderwerp: Engele op my pad. Alle lesers […]
Herinnerings-tuin
Pa, al is jy nie meer by my is ek nie sonder jou jy wat ‘n verskil wou maak het my nie wees laat staan jy leef voort in jou saad gesaai plante in jou herinnerings-tuin ons, jou geelhoutbome geplant as saailing staan net soos jy trots en fier in ‘n kleed van nuwe groen […]
Tydelikheid
meet tydelikheid teen ewigheid se wig die dood se afskeid ons kers brand gou uit Sy lig verdryf donkerheid haat en verwyt vir ewig
Vriendin
jy wat my leed versag jou hand wat oor myne gly jou oë wat oor my streel as jy my pyn voel as jy sonder woorde weet wat ek bedoel jy is my asem jy laat my lag jy is helende balsem as ek in my seer verdwaal weet ek jy is daar dat voor […]
Wat kan ek doen?
In ‘n droom kom jy in die nag na my, om net so vinnig weer te verdwyn; en bedags as ek jou sien verbystap, dan, ja dan, begewe my moed my. Wanneer jou prag stem my ore streel verdwaal ek in my eie gedagtegang; daar word my droom ‘n werklikheid en verander werklikheid in ‘n […]
WERKGEWER of WERKNEMER?
Wie is die WERKNEMER, wie die WERKGEWER? Ek kom spit jou tuin om, daarby GEE ek drie ure van my (werk-)tyd aan jou af, en jy NEEM my werk aan. Ek gee WERK, en jy gee (hopelik ‘n toepaslike) loon of BELONING in ruil. Anders moes jy self gewerk het. ☼ Was dit nie vir […]