Vrou
ek is in die draai van die lewe se wiel in die sagte roering van jou siel in doudruppels wat aan roosblare hang voor die son dit in goud opvang ek is kosmos wat groei langs ’n vaal teerpad jou soeke na ‘n kosbare skat die water wat skater oor blink klippies in die voor […]
Graf van onthou
as jy my onder graniet verberg daar waar dit ewig winter is weet net dat ek nie daar in die koue donker rus jy sal my vind in die lag van ons kind in die voëls se oggend-gesang as ons traag opstaan in doudruppels wat in lentelig versplint maar nooit in die winter se donker […]
‘n Hart vol hoop
En selfs terwyl ek wonder verloor tyd sy aanslag met elke sekonde wat val hunkerend, smagtend, smekend na dit wat was kom wees of net dalk nog sal kom. Rippellend deur waters waar rus is (ridder van dié kabbels) vloei ek saam deur strome van tyd triomfantelik met oorgawe, maar steeds bly die einde verliggend […]
Jy vang my hart
Ek staan verwaaid deur die lewe se woestynkorrels en tango met die herfswind Herfswind tango deur die lyne in jou oë Herfswind ballroom as jou hart nie myne kan glo Herfswind cha-cha as my kop te veel oor jou dink Herfswind slowdance alleen in die straatlig wat blink En hoe kan ek nou luister na […]
Agter die kam van die verste duin
Gee my die oӫ van ‘n kind om jou vlasbome te sien bewaar my van onheil en smart sodat ek rustig in my bootjie kan vaar op ‘n see van drome Die lug is rooi, goud en silwer jou hart loer sku oor die rant van die maan Met sonskyn blinkend op die sagte lower […]
Vredesveer
die stormwind in jou het opgesteek ons ou bome ontwortel alles wat mooi was in my gebreek die weerlig van jou woede het soos sweepslae geslaan my vloedwaters het verwyte gebraak na die storm was dit stil ons was gestroop het ver van mekaar gestaan die wind het sag gewaai ‘n engel het gehuil oor […]
Dankbaarheid
vroeg vanoggend spoel water van diepe dankbaarheid, koel deur my siel en deur my hart oor al die omgee-mense op my pad hulle trek die sluise van hul liefde wawyd oop bring vir my nuwe hoop hulle steek hul hande uit wat ek gryp met dankbaarheid hulle help my om weer hoop te vind huil […]
Rosyntjie moedertjie
rosyntjie moedertjie ‘n loot ingeënt In die Ware Wynstok Jou dartel geknip deur seerkry druiwekorrel van stingel geskei is sy gesuiwer deur God se pars gedruk tot helende sap helende hande hemelse geloof nederig in die grootheid van haar Maker was sy my ma vir my
Soos goeie wyn
ma, jy het ons kleintyd geleer om soos jy goeie wyn te wees nooit ons herkoms te ontken nie ons sterk tradisie te bly eer te weet ons is uit goeie stok voortgebring onopgesmuk, pretensieloos met karakter en integriteit goed gebalanseerd te wees vrug-hout-kombinasie goed geïntegreer hout nie te hard en vrug nie te sag […]