Mos (1241 woorde )
Mos, is mos mos, né? Hoekom? sommer. Daar is verskeie woorde in hierdie taal, wat ons self ontwikkel het, wat absoluut geen betekenis het nie, maar wat ons mildelik in ons daaglikse omgangstaal gebruik. My eie geliefkoosde, oorbodige en sinnelose woord is mos. Hoe verduidelik ‘n mens die woord mos vir iemand wat nie […]
DEPRESSIE [woordtelling: 5565]
Wanneer depressie omsit in hoogmoed, sit jy met ’n gevaarlike kombinasie. Hoe lui die spreekwoord nou weer? ‘Hoogmoed kom tot ’n val.’ Veral as depressie die dryfveer agter hoogmoed is. Dít het ek op agtienjarige ouderdom eerstehands ervaar. En wat ’n val was dit nie! Hier volg my storie. Pa het besluit dat ons ’n […]
Nie
Nie (Brons) 1240 woorde Woorde kan ‘n mens maak of breek. Woorde kan soms misverstaan word en dit veroorsaak soms baie ongelukkigheid. Dan is daar ‘n hele rits woorde wat deesdae algemeen gebruik word in die gewone omgangstaal, woorde wat jare gelede as taboe in enige ordentlike geselskap beskou is. So is daar baie woorde […]
Die noodsaaklikheid van vakansie.
’n Lewe sonder rus is ’n resep vir ’n ramp. Ek is seker ons almal ken daardie gevoel, daardie diep sug van verligting wanneer die laaste werks-e-pos gestuur is, die koffiekoppie leeg op die lessenaar staan, en die tasse uiteindelik in die gang staan en wag. Dis vakansie! Maar hoekom is dit so belangrik? Kan […]
GLO WAT JY VRA
Hoeveel keer voel jy nie jy bid teen die muur vas nie ? Ons is net mens en ons raak moedeloos en teneergedruk. Ons voel partykeer verloor en hulpeloos weens omstandighede en dan kom die baie vrae met min antwoorde. Tog is daar antwoorde reg voor ons. Mens sien min dinge raak as jy emosioneel […]
SOM DIE LEWE OP
Hoe sien ons die lewe ? Onregverdig met tye, maar tog is die lewe ‘n lied en jou uitkyk daarop die musiek. Miskien is ek nostalgies en weier om te negatief teenoor die lewe te weesj of dalk glo ek day daar iets is om voor dankbaar te wees. Ek glo aan die klein dingetjies […]
Skuld: Die stil metgesel.
Die woordjie: skuld, is so ’n kort woord, maar is dikwels ’n onsigbare las wat ons almal dra. Soms swaar en soms ligter, maar altyd teenwoordig. Dit is ’n konsep wat verder gaan as net geld en syfers. Skuld is ’n universele ervaring wat ons op maniere verbind wat ons nie altyd kan sien of […]
BESEF ONS DIT ?
Jou woorde bly nog by ‘n persoon lank nadat jy die vertrek verlaat het. Mens moet jou woorde netso versigtig kies as jou vriende. Lank nadat jou woorde gesê is en jy met jou lewe aangaan het dit ‘n inpak op die persoon vir wie jy dit gesê het. Woorde wat gesê is kan nie […]
In die sop
(Woordtelling : 1276) “Hallo, my naam is Ano en ek is ʼn verslaafde.” Dat dit ʼn verslawing aan daardie liederlike Chinese maatskappy is, noem ons liewers nie in opgevoede geselskap nie. En dat ek openlik sal erken dat ek skuldig voel, sal ook nie gebeur nie. Dis nie die klere wat ek aantreklik vind nie, […]
SKULDLAS – ’N GELOOFSPERSPEKTIEF – (Silwer)
Hoe ontstaan skuld? Ek praat nie van finansiële-, statutêre- of persoonlike skuld, wat mense tydens hul lewe aan mekkaar, of aan die een of ander instansie verskuldig is nie. Hierdie rubriek handel oor persoonlike skuld wat op die emosionele vlak van elke mens se lewe geleë is. Hoe doen ’n mens sodanige emosionele skuldlas op? […]