Wanneer hartseer ‘n gewoonte word.
(Woordtelling 1504) Ons koppel gewoontes gewoonlik aan iets soos om altyd in ʼn spesifieke stoel te sit, op dieselfde kant van die bed te slaap, jou koffie links om te roer, om jou tande voor of na ete te borsel. Selfs irriterende gewoontes soos die byt van naels, of om nie te kan praat sonder […]
Oorhandig
Oorhandig “Aanname,” val ek haar in die rede. Sy begin van voor af: “maar hulle dink …” “Aanname,” sny ek haar weer af. Ek sien hoe nog ‘n moontlike uitkoms in haar kop afspeel. Vinniger sê sy: “dalk is dit omdat …” “Aanname,” sê ek harder. Ek gee haar nie kans om verder te praat […]
onveranderd
onveranderd ek verdrink in die idee van jou as ek stilstaan word ek agtergelaat ek word teruggehou jy is op soek na wat met rooidag weer verlore gaan sit wanneer jy raad vra dit vereis jou volle aandag jy is die een wat agterbly waarheid onveranderd: as jy waarlik jouself kon help sou jy ©VonVillon […]
Die beeld in die spieël!
Sy kyk in die spieël, sien ‘n verwronge beeld, deur jare heen verrimpeld en verniel. Die gesig ken net trane. Die oë is dof gehuil, Die ore is doof gehoor, die oë wat diep agter in hul kaste skuil. die gesig het sy mooiheid verloor. Die gesig is al net vel en been, en so […]
pyn in die skaduwee
pyn in die skaduwee gespanne vinger trek die sneller harde grond, koud teen my wang lig kolk fluitend flouer tot swartheid … pyn, nog pyn flitsende gedagtes breek die donker waarin tyd verdwyn ek onthou te min ek onthou genoeg stilte deur fluisters uitgespoeg al harder tot ‘n angsgil wat neulende pyn verstil woede … […]
ek verstaan
ek verstaan ek het jou vanoggend gesien voete op die bank koffiebeker in die hand jy het die dag in ‘n notaboek op jou skoot uitgeskryf deesdae staan ek vroeër op sit dan eerder in die kombuis en lees koerant onthou jy ek kon nooit verstaan waarom jy so … voor jy vra net die […]
laat
laat ek is muurlose stede; stadsmure in aanbou my ontsnappingsroete, ‘n doodloopstraat ek is seilskepe in ‘n kernvloot; tot koning gekroon in revolusie gedood ek is muurlose stede; stadsmure in aanbou; eerste geweerskote in tyd van vrede jy is droë veld en ek vuur ons is waarskuwings te laat uitgestuur ©VonVillon
bloedbrief (silwer)
bloedbrief in die holte van die berg se hand blaas wind rimpels oor die water wat patrone spoel oor die sand en die dag word oopgebreek in skakerings van oranje en rooi wat lig en hitte bring en prente teen die kranse gooi rug teen ‘n uitstaan klip wag sy die eerste strale in met […]
duur
duur geuiter teen die prys eenmaal gehoor vir altyd ongehoor hoop op die breek van kettingringe wat jou op die terugpad van vryheid stroop ek sal in skuld alleen en arm loop ©VonVillon