SKERMSPEL
SKERMSPEL Hoë boom, weet jy wat het jy gedoen vandag? Jy’t ’n jong boom se takkies gekraak want jy’s so behep met mag – jou ketterbek loei en laster lukraak. Onheilspellend glim jou vlymskerp blare; deurklief my gebeente en sny my selfidee flenters tot selfs die twýfel etter uit my are en my hol laat. […]
TOTSIENS AAN 2022
TOTSIENS AAN 2022 En so het die jaar verwoed onder ons uitgegly. Ja, dit het vinnig gegaan en ek sukkel nog om “gebriek” te kry, veral na die laaste afdraande hier van Oktober/November af. Dit was ‘n jaar vol … hoe sal mens dit nou stel … bitter en soet; goed en sleg; vreugde en […]
wasig
ek reik uit na die sterre my siel sweef ver in die kosmos my soeke na ‘n plek van vrede my hart bons van verwagting my ikarus-vlug neem my ver bo alles in die skepping wat bekend is altyd soekend na die vredes planeet telkens opgewonde, nooit tevrede my eenvlerkvlug skroei my onvervuld begin ek […]
Wraak
Wraak. Ek lees dat die grootste wraak is om dit te bereik wat ander gesê het onmoontlik is. Wat van jy lewe so dat jou afwesigheid ‘n swaarder las is. Solank wraak deel bly van jou siening, ongeag die konteks, bly jy ‘n slaaf vir die wêreld en sy opinies. Perspektief op die wêreld is […]
Samesyn
Samesyn. Gun mekaar die reg om te lewe maar moenie so toegewend wees dat jy misbruik of mishandel word nie. Gun elkeen sy siening maar moenie so oopkop wees dat jou brein uitval nie. ©VonVillon
goud vir hout
goud vir hout in my vir jou ‘n vlam brand ewig onuitblusbaar brand ewig, vurig warm vir my vlammelig skyn ewig helder, skerp skyn ewig witlig, eg in my vir jou storms dreun ewig onbedaarlik dreun ewig dondertoorn en vir my stormreën stort ewig louterskoon stort ewig suiwerrein ©VonVillon
stryd
stap ek op die reguit pad dan swaai my kop steeds heen en weer in die wind winde van veranderinge wat my gedagtes wil aflei my voete vind die reguit pad my gedagtes dwaal nog weg pyn en seerkry in flitsende lig bedwelm van medisyne-pille dwaal my gedagtes aweregs my lewe wil by regverdig bly […]
Doodmoeg!
Doodmoeg! Hierdie tyd van die jaar ervaar die meeste van ons dieselfde probleem: die doodse moegheid! Ongeag of jy student, werkende grootmens of bejaarde is, die moegheid bekruip jou ongemerk hierdie tyd van die jaar. Onder leerlinge en veral die matrieks wat gereedmaak vir die finales eksamens of universiteits studente hoor jy dieselfde klagte: “Tot […]