Wegstap gedagtes (goud)
Soms stap mense aan party draai om (soos Lot se vrou) ander gee net eenvoudig nie om nie ék stap maar net voort meeste medemense stap ook sommer net party van hulle is kompasfoos rigtingloos en bestemming gek my bure gaan nêrens nooit hul bly net hier jy het weggestap hy het ingestap ek was […]
Afrikaans
My asem, my wese my wil en rede, my kom en gaan, my gedagtes, woorde en dade my opstaan, en gaan slaap ook my dagdrome en nagmerries – dis wie ek is, wie ek wil wees- my lewe my strewe my sterwe, sinoniem met Afrikaans.
Naani-gedig
Die jaar is ‘n stoomtrein, dit raas en blaas beur voort met mag en krag na waar jaareinde se stasie wag.
My hart verlang
My hart verlang na die gou sandkorreltjies wat aan my voete kleef terwyl die branders aan my voete kleef. My hart verlang na ’n bietjie bak in die son en roomys onder die sambreel waar kinders lag en speel en ma’s en pas hulle laptops bêre. My hart verlang na aande om die vuur terwyl […]
Ontvlugting (Silwer)
Ek droom ‘n paradys – ongerep en vry – waar omgee roep na sy maat en vrede in koeltes lê en slaap. Ek droom van stiltes wat praat wat emosies sinvol verwoord, waar denke vry in vlug sierlik swaai deur die lug. Ek droom egtheid wat aard wat reg laat geld, waar vooruitgang vreesloos wei […]
Die prys van roem (660 woorde)
Droom ons almal nie maar van kleins af om eendag beroemd of ryk te wees nie? Om geken te word as iemand wat uitmuntend presteer? Heelbo aan die suksesleer te kan staan. Die beste te kan wees in wat ons doen. Te kan doen wat ons wil, wanneer ons wil, en te gaan waar ons […]
Moeg
Vandag is elke greintjie energie my uitsgesuig soos die laaste teug uit die versteekte kondensmelkblik; dit het my net nog meer lam gemaak. My aksies is soos die van Flash, die sloth In Zootopia nie eers Nescafe strong is vandag sterk genoeg nie en lê more nog soos Kilamajaro en wag voor daar ‘n oomblik […]
sal dit vir jou hou
sal dit vir jou hou niks bot hier nie dra geen vrug benodig geen water of snoei nie dit soek bloed ek kan nie meer bloei nie my vel is waterlose bas uitgedroog en leweloos jou hande, steeds warm vat my gesig, lek my wang doodstil in die lug hang sondaars gekruisig ons pragtige vrug […]
dae van ons week
soos: “days of our lives” verdoop ons dae van elke week groter en meer glorieryk as die son is daar nie daarom ons noorse sondag diana godin van die maan en die dogter van jupitor maak ons egiptiese maandag ‘n nare wolfgees genaamd fenris het die noorse god van oorlog by name tyr se hand […]
skemersonrooi
skemersonrooi met die kariljon se aanduurspel in die bloureëngeur van jou warm vel sink die skemerrooi son in die westerkim jou hare is vasgebind met sonstrale die sagte gloei van jou heuningsoet mond verlig die weg na waar ek jou hart vind verlore in jou skoonheid en daar gelos in my een hand die skemerson […]