Lente ontwaking Silwer
Winter kug ‘n laaste roesbruinblaar en in die oostle bloos die lente, haar boesem vlek roosrooi
irritasie purgasie
telkens wanneer sy skrywes die openbare oog tref maak dit hel in haar los die losheid van sy woorde die grafiese voorstellings van geskrewe gedagtes druis in teen haar sin háár sin van dinge hoe sý dit wil hê háár bekrompte en saai manier sonder innovering vasgelê in papier wat reëls voeg waar geen las […]
Papierhart
Papierhart jou wankelhand se skribbels is met deernis en liefde georden sodat ons saam mooi herinneringe kon skryf met begrip prettig versier om só die wêreld se onreg en seer sinvol te verdryf toe (onverwags) kom ‘n stormwind ruk met ondeurdagte woord en daad jare se saamskryf los frommel dit onbarmhartig op en smyt dit […]
Bedorwenheid
Bedorwenheid As ‘n blom té veel son té veel water té veel kompos kry en té lank aan eie wil en genade oorgelaat word verrot die stam verlep die blare en knak die kroon word dít wat volmaak gevorm is deur Skepperhand bedoel is om ‘n aangename geur te versprei om met skoonheid te pronk […]
konsolasie (silwer)
die jakarandas blom weer geil vanjaar ‘n lilafees vir ons gespaar bied vertroosting teen hartsverlange oor elk’ beminde verganklike ©Driekie Grobler (2022)
Veto (Silwer)
ek het my hart aan jou ontbloot maar jy het dit nonchalant geminag met ‘n passante handveeg (sonder medelye) my emosies verklaar as onwaardig ©Driekie Grobler
wense
. mag jy baie geseënd wees mag jou dae vol sonskyn wees mag jy net gesondheid en liefde leef mag jy baie getroue vriende en vriendinne hê mag jou lewe vol probleme wees wat jy opgelos het mag jou kinders jou baie lief hê en respekteer mag elke dag se daglig jou weereens tref mag […]