lewe
– oor die spierwit strand spoel silwer soom afgebaken so vinnig as wat dit verskyn sak dit weg en verdwyn – volmaan se hoë gety sleep plante saam kant toe spoel dooie slak huisies wat verbleik op sand – mooi blink die koraal geverf in vrolike kleure met uitsonderlike lewe wat altyd nat moet bly […]
ballade van verwarring
– “..is soos wanneer jy iets aanlyn aankoop en met groot verwagting die pakkie oopmaak, net om te sien dat jy iets heeltemal anders ontvang het” – iewers na neëntien vier en negentig het ‘n volk eensklaps ontdek dat hulle uit hul erfenis verneuk was – geboortereg was so algemeen aanvaar dat hul skoon verward […]
EK VERLOOR
EK VERLOOR (Brons afdeling) Wanneer niks wat ek was meer is wat ek dink nie en dit wat ek dink net nooit meer reg klink nie wanneer frases en woorde eens melodieë was maar nou afkolk in spirale van sin(ne)lose verhale en ek kop verloor dat die trane rol en niemand besef ek raak innerlik […]
alleen maar net digter
spitsvondig is sy woorde dit vlei die wat gevlei wil word dit paai die wat kwaad wil wees ook aan die wat verhewe voel woorde wat hul wil hoor – mooi is sy spraaksaamheid glansryk die toejuiging daaroor met elke mooi wens glinster hy sy hart vind baat by die sukses vertroos in sy eensaamheid […]
druiwestok
– hierdie wêreld is familie-vyandig haat en nyd tussen lede van dieselfde familie daarom die wrywing en ongelukkige verhoudings die lote van die druiweplant groei al hoe meer wild meer en meer vergroeide knoetse verskyn op die stam die omgewing al hoe meer vyandig gesind en giftig as die goeie Tuinier nie betyds kom snoei […]
Vakansie-verkeer en padongelukke.
Vakansie-verkeer en padongelukke. Met die naderende vakansieseisoen op hande duik die kwessie van padongelukke en padsterftes op. In Suid-Afrika en Namibië is padsterftes van die hoogste ter wêreld. Kyk maar na die statistieke van langnaweke of die jaarlikse vakansietye in die land na hierdie statistieke. Jy kan daagliks ʼn koerant oopslaan of die televisie nuus […]
Liefde sterf
Goue trane val oor haar bleekwange die môreson se lig flenters gegooi seer gebosseleerde letsels in rooi bring ‘n bitter brose sielsverlange as sy net weer die vuur in hom kon plaas sou liefde nie ‘n laaste asem blaas
Wat was. Wat is. Wat gaan wees. (1187 woorde)
Kerneels het die folio papier opgefrommel en omsingel met ‘n gebalde vuis. Vir ‘n stuk papier was dit baie swaar. Bagasie. Foute. Spyt. Hoe langer hy daaroor gedink het, hoe swaarder het dit geword. Hy het die papierbal so ver as wat papier toelaat, van hom af gegooi. Hy het dit agterna gekyk. Die opgefrommelde […]
Van hanekraai tot briekaandraai (765 woorde)
As daar nou een ding is waaroor niemand van ons beheer het nie, dan is dit tyd. Soms wens ons dit om en soms wens ons dit moet bietjie stadiger gaan of selfs stilstaan. Alles wat ons aanpak en doen word beplan rondom tyd (onbewus beheer deur tyd). Tyd vir dié, tyd vir daai … […]