Alcatraz
Op ‘n verlate eiland het ek na jou gedelf maar al wat ek kon kry was versteende ghwano op die venserbanke van ‘n gepansterde Alcatraz. Swart tralies het jubelklanke toegespin terwyl die kras van die seemeeue die bleek uit my irisse steel en verdwaalde krappe het sku onder die gruis van my voete kom teel. […]
Toe ontmoet ek jou
‘n Begeertes-kreet skeur deur my gemoed Verpletter al my drome en die dinge waarna ek soek Toe ontmoet ek jou! My hart rou geskree na liefde Hees stem en modder-streep trane Toe ontmoet ek jou! Gebreekte sonstraal-vingers geknak deur dik gordyne Verlange-gebede in die donkerte, kamer sonder kosyne Toe ontmoet ek jou! Ek wil jou […]
Steenoog ‘n traan
Waar die glinster van die reӫn oor veryste been stil gaan lӗ in vertrapte steen Dryf my gedagtes rond in hierdie kleihardheid sien ek my sieӗlbeeld weerloos in jou oӗ se bont Voel ek die trilling en tromme van trane teen my hartkamer se ruit geen warme gloed deur venster’spleet of deur In die nagwind […]
WEGKRUIP WOONSTEL
Stap – stap oë op voete trappies op deur oop deur toe gesluit wegkruip woonstel
VELDBRANDE IN DIE NAG
Die nag word rooi geverf met vlamme wat soos sleehonde voor die wind uitdraf en stram figure wat soos skimme in die hoofligte van ‘n bakkie in die rookmis dans Die voorbrande bekruip die Suidewind se vuur rolbosse met agterdog wanneer die vlamme as asems oor hul aantog strooi Stil figure staan om bakkies rond […]
VREEMDELING IN ‘N BAR
Ek kyk hom skeef aan oor die skuimrand van my bierglas hy sit daar vertel my van sy kinderjare maar ek sien daar is nog baie meer wat pla. Hy glimlag met sy mond maar sy oë bly dood hy vertel my van die droogte maar sy oë ween vertel my van sy vrou en […]
Flenter kompas
Die son hang oranje-laag in my winter boom geraamte ‘n Irriterende en bytende kol muggies spookasem oor elke gedagte In myself gekeer Emosioneel struikelend en ‘n hart wat begeer Keer ek terug na die ou bouval Waar ek snags kan rus onder die knipoog heelal Uittand baksteenmure van ‘n eens wonderlike lugkasteel Nou ‘n ou […]
Ink-lint
Jy stort water in en oor my stof-krip Jy red my uit ‘n diep woestyn-droë put Dik en bitter stilte, alleenwees, spelonk, yl woorde Metamorfose Sag, vrolik, stemme, gesange, lag en leef Dans, speel… ingevlegde siele wat sweef Jou liefdes-asem… Tikmasjien sleutels klik klak Slaan nuwe liefdes woorde diep in my hart My lippe dwaal […]
Kan Auntie vir my ‘n broodjie breek
Liewe Auntie Mona my hart se binneskeur is so diep soos die grand canyon in ‘n verre land want Auntie sien, die lewe het sy som gemaak en die dice het my lot bepaal Die ding staan dan nou so; my cherrie het my die grootpad gewys want sy is oorrompel deur die wit hingsperd […]