Ek wil
Ek wil die seermaakdae in n raam bêre uitstal om vastrapplek te kry die seisoene omruil sodat somer kan verbleik lente wil ek inroep om die leemtes te vul en miskien sal die horisonne in purper bloei om diè eendag volkome te maak waar al die seermaakdae na God gaan
Soos papiervliegtuigies
Jy vou my Geduldig Hoek op hoek Versigtig Skeur jy stukkies weg Perfek Jy kyk na my Opgewonde Gooi jy my deur die lug Emosieloos Loop jy weg toe ek val Stukkend Los jy my daar Vergete
Dit reën in emmers ….
yskoue winterwoorde drup sneeuvlokkies op my hart dit reën in potblou emmers en waterstrome bring koelte vir my smart
Bloed-voos
Kanker-vrot-vretende wortels van verwerping pluk stukke vleis uit my siel se seer Vertroue word verpletter en met bloedspatsels gesmyt op die grond neer Geroeste doringdraad lemme en stukke vleis peel uit die wond Waar die allesvretende vraat lag met ‘n bevlekte mond Iewers wapper ‘n flenter-voos selfbeeld soos ‘n plastiek sak aan ‘n doringtak Geloof, […]
Donker swerftog
Waar branders witperd oor my ry gooi ek my woorde vir die wilde wind trap my doekvoet spore in growwe sand wat pynlik soos konkavure brand. Sou ek wou weghardloop – net stil verdwyn. Sal jy my kom soek onder die lae en lae van kommer wat dreig om my te verswelg soos die hitte […]
Hartseer en Verlange
Hartseer en Verlange Jy luister in die nag hoe die alleenjakkals se roep na sy maat op die aandlug aangeswewe kom en dan oorspoel so ‘n naamlose hartseer en heimwee jou soos in ‘n oerverlange na alles wat was en nie meer is nie, en tesame is dit ‘n kumulatiewe verlies lankal reeds aan die […]
‘n glas perdjie
‘n glas perdjie ek was lief ‘n kind verlief jou onskuld was myne my sonde was joune jou kruis was myne jou rykdom myne my skatte joune my liefde joune jou liefde myne deur jou woorde is ek gestreel deur jou aanraking is ek genees deur jou liefde gevoed deur jou glimlag verbly deur jou […]
onthou jy?
Lank gelede … poppie ek bemin jou poppie ons begin nou suikerbos besing heuning lief engel soet soos stroop suikerbos liefling ring verlief engel se soene te koop prinses jou liefde beseën jou liefde woedend beweën skapie ek was getrou skapie kan jy onthou? bokkie ek vergeef jou bokkie ek vergeet jou Die Einde
Nimmereindigend
Die horlosie stap aan. Tik-tak. Ons weet ons het nog net ‘n paar kosbare dae saam voordat ons finaal moet afskeid neem. Tog kyk ek skaam weg wanneer ons oë te lank ontmoet. Ek het soveel drome vir ‘n toekoms vir ons twee saam. Tik-tak. Tog deel ek hulle nooit met jou nie. Ek praat […]
Die Silwer Randjie
Dis laat agter middag, die pad loop dood, net links of regs, kan jou bring tot waar. skielik sien ons die wolke reg van voor, silwer randjie om die donker wolk, waarvandaan kom jy dan nou te voorskyn, wat wil jy vertel. Gedagtes wat tol, gedagtes wat rol, waaroor spook die wolk met silwer randjie […]