By gebrek aan water
O, Here, stuur vir ons die reën ons aarde, sy is droog sy ly gebrek aan water haar fontein is bar van oog haar rivier, die wil nie vloei nie haar dam loop haas al leeg haar vlei het skaars ‘n druppel oor hoe sal ‘n boklam dan tog teug * die Karoo het darem […]
STAPPERTJIE – WEGGOOI KIND
Waarheen nou verlore kaalvoet kind waarom loop jy in die modderplasse en glimlag met die wind? Wie het jou ‘n swaarkry in die hand gestop al jou kindwees kaal gestroop en jou gelaat ‘n grootmens droom? Elke oop venster is vir jou ‘n paradys waar jy grootoog na ‘n oop kospot verdwaald bly staar en […]
Om te droom is ‘n gawe…
Wat sou ons doen, sonder die gawe om te droom? Goedjies wat ons met mekaar kan deel, my hart so jou hart omsoom. Selfs al by dit net drome, is dit tog so mooi, mooier as Pretoria se Jakaranda bome, in herfstyd in pienk getooi. Wat sou ons doen, sonder die voorreg om drome met […]
Fluisterwoorde van die hart
deur die mure van jou hartskamer sag agter die hart se ritmiese hamer weerklink jou tere liefdeslied om my te vertel wat jy aan my kan bied vir my alleen om aan te hoor met heuningwoorde wat my hart so bekoor Koor: as ander fyn wil luister sal hul besef mure kan fluister in ‘n […]
LEEF
Leef Hom raak Hy wys die pad Ons gered van Dooie Bestaan. Sien deur Sy oë Die seer in ander raak Iets moet verander; Ek skuif nou uit Hy skuif nou in My ore gespits Vir Hom My Hart verbind met Hom Nie meer ń Slaaf Van doelloos bestaan (Die Leeu van Juda Vul my […]
HOOP
Hoop Hoop is geen vrees Wat jou beperk. Geen wegkruip plek Teen bang maak plek Koor Hoop hoop hoop Op God se Krag Hoop hoop. Hoop is vreesloos veg Dit laat mure breek Vestings spat in skerf Wat geloof beveg. Koor Hoop hoop hoop Op God se Krag Hoop hoop. Hoop is onbeskaamd bly en […]
GEES VAN GOD
O Gees van God Vloei deur my Vervul nou my hart Met liefdes krag. Koor; Deurdrenk my Met U heerlikheid U my Koning U is my Heer O Gees van God Vloei deur my Versag my harde hart Met liefde krag Koor; Deurdrenk my Met U heerlikheid U my Koning U is my Heer O […]
Iemand soos jy
Jou woorde ruk my rustig Jou gedagtes hok my vry Ek kyk bang vir jou, verlief Ek wag opgewonde vir die seer Jy is jy Lieflike onrus En ek, wel, ek soek myself nog
Stof alleen
Stukkies van ons oorsprong Hang dik in die lug Terwyl ons onsself probeer flous met maskers Soos ons in stukke van onsself verstik Asem ons mekaar in… Veels te gemaklik, as jy my vra Ons hang ons op in doringbome Glimlag asof dit normaal is Reëndans in stof, drooggelukkig Snye van liefde met ‘n nasmaak […]
ONTREDDERD
ONTREDDERD Ek sien jou staan: Ontredderd, naak. Jy laat my sien die felheid van jou pyn. Versigtig raak ek aan die wond. Jy krimp ineen – en ek onttrek my weer. Maar jy kom terug. Ja, weer en weer behandel ons die wond. Genesing bly net uit – die pyn vergroot. Die mes sny diep; […]