LAAT MY WEGKYK
LAAT MY WEGKYK Laat my wegkyk van my pyn – o laat my dié van ander sien. En laat my nie meer vra getroos te word – laat mý vertrooster wees. Ja, laat my nie meer vra na een met warm hart – laat mý warmhartig wees. O laat my nie meer vra na een […]
TRANE
TRANE U hou my trane in u kruik u vrede is die kruik die trane die kan nie na buite breek
JESUS GENEES
JESUS GENEES Het jy iewers seer? Gaan nou na Jesus – Hy genees. Gaan in die Gees terug na daardie pyn-ervaring toe, jou hand in God se hand. Gaan staan weer daar. Ervaar dit weer soos wat dit was…. Jy sal die stem van Jesus hoor: My kind, Ek is by jou. Ek wil jou […]
Spookasem Wolke
Eendag lank, lank gelede was daar ‘n miteskrywer wat stories vertel het vir almal wat sy ontmoet het. Stories vol eenhorings, skêre, spookasem wolke en ander lekker goed. Haar stories was propvol Afrikaanse woorde wat goed in haar luisteraars se verbeeldings wakker gemaak het – dinge wat die Engelse ekwivalente net nie kon regkry nie. […]
Hunkerdroom
Waar slaap oor my kombers en drome my insluk, wandel ek in hunker met hoop. More wink my nader terwyl die son oogknip-knip en nog deurmekaar haar, met slaap in die oog na bo strompel en yl glimlag, want later sal haar strale skater. My hunkerdroom ontvou in beelde van jou, van nou en ek […]
Die asem van my stem
Waar die horison verstikkend, gemarteld kreet met die rooi van engels; my hoor wil strem breek baldadig ‘n kwashaal van die goudgeelson deur; en vertoon in die kern van my irisse ‘n volmaakte sewe-kleurboog Deur skaapdorings sal ek stap deur berg en dal tot daar waar son gaan rus en maanligstrale val in my taal […]
Kunswerk
God is ‘n digter Hy skryf met weerlig en rym met die reën God is ‘n kunstenaar Hy het die wêreld met jóú geseën
Sê nou …
sê nou daar was ‘n pragtig’ tuin waar feëtjies en kabouters woon waar almal altyd gelukkig is en Koning Sprokie troon sê nou daar was blomme wat altyd in massas blom en skoenlappers in elke kleur wat sing terwyl hul nader kom sê nou daar was ‘n plek waar ek jou vir myself kon hou […]
Oggendgedig (Marakele* ~ 10 Julie 2016)
Kom sit vir ‘n oomblik hier langs my dan kyk ons na die veld en gras wat groei tussen groen doringbome hul stamme nog in donker gekwas. Die skemer is aan die verby gaan dis die sterwensuur van die nag sy vaarwelsgeskenk, ‘n ontwaking ~ die geboorte van ‘n heel nuwe dag waarin wild’seringbome se […]
alpha centauri
die wilde ganse in V-formasie vlieg ver na die naaste ster vier ligjare ver