Stefanus Kleinsmit
Stefanus Kleinsmit gesels kerk. Ek het vandag ’n nuwe vriendskap bevestig. Sy naam is Stefanus Kleinsmit, maar die gemeente noem hom broer Steven. Hy is 89-jaar oud en hy werk nog elke dag van 09:00 tot 16:30, netjies geklee en altyd in ‘n pak klere of ten minste met ’n onderbaadjie, as dit te warm […]
Mooiweersbelofte
Die helder pienk wolke teen die blou lug gesmeer dra die nuus vooruit ons kan seker wees more wag daar reeds vir ons goeie weer Wel dis wat die stem op die radio sê maar hy het seker nie gesien hoe die droogtelammers sommer een’ge plek in die veld bly lê As die mooiweerson al […]
getrou
my duin is vanoggend leeg ligte reën drup saggies neer dit weef my gedagtes na skooldae met rudi neitz wat duits vir ons leer “ach wie is möghlich dann, dass ich dich lassen kann” en “wir kanst nichts treu zein, ja-nein da kanst du nicht” liedjies wat vandag nog in my gedagtes refrein eie kultuur […]
Spys en drank
(Brons) As ‘n mens nou alles kan glo wat in die media gesê word oor kos, kan jy nou maar net een afleiding maak. Ons is almal besig om onsself elke dag meer en meer te vergiftig. En daar is so baie dinge wat ons dood kan maak, dit is slegs ‘n wonderwerk dat daar […]
suid afrika – akrosties
soveel bloed gestort vir jou uit eerbied vir voorsate gedoen in elke hart brand vurige liefde die mooiste land op aarde aan ons kinders se toekoms faal ons, sal ons dit altyd berou rooi loop ons bloed in smarte in eerbied vir ons Vader kan ons nie ophou veg aan Hom alleen die eer ©Teárlach
Reise uit die hart.
Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, het ek nog altyd gedroom dat wanneer ek eendag groot is, wil ek gaan rondreis en die wêreld gaan verken. Ander lande met hul kulture het my nog altyd gefassineer. Ek was nog altyd gek daaroor om te sien hoe die huise in ander lande lyk, die kleredrag, die […]
Maak nuut my siel
Waar winde woes waai skeur dit jou uit my lewe en maak nuut my siel ©PcV
Die Reënboog Rozet (OPDRAG 8)
Die Reënboog Rozet verteenwoordig ‘n unieke digvorm met sy ontstaan uit die hart van Afrika. ‘n Digvorm wat die diversiteit van verskillende kulture weerspieël. Die gedig bestaan basies uit 14 reëls wat opgedeel word in 3 kwatryne met ‘n slot koeplet. Elke strofe het sy eie unieke skryfstyl en rympatroon. Die 1ste strofe het ‘n […]
Vreugde in die more
Vreugde in die môre Die westerkim bloei met die magiese magenta van die sterwende son tik… tik… tik… tik sleepvoet sekondes stadig een vir een vir oulaas gryp sonstraalvingers vergeefs vir ʼn vashouplek skielik is ek stoksielalleen… en ek ween. Ek huil oor ʼn dag wat verby is ek huil oor ʼn lewe vermors ek […]
Kuslyn vol vlamme
Toe jou golwe teer oor my stil strand breek jy jou buitelyne, teen my binnekant vasskilder sonder om die eb van my vloed te verwilder het ek gewonder: “Sal my branders jou hart kan deurweek? Sal jou oggendster soms helder oor my oseaan skyn?” Terwyl jou soene soos meeue om my maal om die enkelspore […]