Gebars tot volmaaktheid
ru omsoom die doringkroon van genade my diepste Anna-mens aan die vloekhout vasgespyker word vrede die lendedoek wat my onvolmaaktheid bedek my woorde die salwingsolie wat lek uit ‘n gebarste kruik tot daar waar dit op papier die brood van vreugde breek en ook die wyn van smart verspil maar my intiemste gedagtes en dit […]
Lelie Maree
Voor die kaserne voor die yster hek Lamplig flikkerend sien ek jou weer Onder die lantern wag jy nou alleen Liefling altyd wag jy vir my daar Soos eens Lelie Maree, Soos eens, Lelie Maree Ons twee skadus soos een tesaam Hoe liefling hoe verlief was ons Waar jy saggies teer fluister Dat jy my […]
Seisoene se sielekos
As die hitte van die dag neerbak op jou lyf, jy vrolik baljaar in die lente van jou geluk. Sal jou hart nog kan jubel, jou stem gedigte skryf As skemer jou onwetend kom verstuk? As asemteue diep, jou longe brand, koue lug tintelend aan jou vel kleef, jou voete paai loop, in skoene gevul […]
VERTROUE
Op die vooraand van ‘n onvermydelike oorlog wat gaan woed, In die aangesig van rook en vuur wat plek plek gloed, Tussen die skare van mense wat net oor een ding kan praat, Staan ek voor U my God en pleit oor rassehaat. Terwyl bloed reeds jare al vloei, En ek met hartseer alles betraag […]
God is
God is As woeste winde waai en golwe oor jou boeg slaan, onthou: God is. As die doodsengel kom draai en ʼn geliefde van jou doodgaan, onthou: God is. As beskuldigings teen jou laai en jy onskuldig skuldig staan, onthou: God is. As die haan van verraad kraai en jy word met woord en daad […]
Latente lente
Waarom sou die Kaapse lente hierdie jaar soos winter voel; waarom sou sy plant en dier verkluim? Dalk het sy ’n eed’le doel wat sy verborge hou – soos ’n verruklike, maar baie diep geheim. Want tot dusver is die voorjaar bloot canolageel karosse; die son is net ’n silwer bal wat êrens (verby flenterwolke) […]
so(m)mer
sommer somer val daar reënbuitjies wat oorgaan na herfs aandui herfs vir die weskaap se winter-reën oral staan koringlande nou byna geel geel canola-lande pronk in blokke laventel se pers waai vrolik sommer so mens sommer so grys witgrys verby somer verly herfs gety sommer net jy ©Teárlach
As dit winter in September
(Goud) hoe bibber die lente in die Boland – by Hermon kelk room lelies in ’n dal skape verf ’n wit streep teen ’n groen rant bont beeste wei in vrede teen ’n wal Groot Winterhoek pryk in ’n sneeugewaad by Wellington tak akkerbome kaal canola toon haar sagste geel gelaat waar mis voor bergvoet […]
Verhale van die Oniks Labirint Vuur in die Donkerte
Blaze trek haar kappie mooi op soos sy die koue tonnels binne tree wat dieper in die Labirint in lei. Partykeer dagdroom sy oor hoe dit moet wees om êrens te woon wat oop is en nie onder die oppervlakte van die aarde is nie. Sy sug soos die bedompige lug haar omvou. Die reuk […]
‘n Plekkie op die muur
ʼn Plekkie op die muur, deur Stephan Uys So ʼn week of wat gelede gaan haal ek my afbetaalde voertuie se eienaarskappapiere by die hoofkantoor van ʼn groot handelsbank. Ek vat my oudste saam vir geselskap. Die seun van my het ʼn dik streep kunssinnigheid wat deur sy are vloei en dit veroorsaak dat hy […]