Tanka
aronskelke blom jasmyn bloei die soetste geur ontketen ‘n hoop dat selfs in die diepste nood salwing voortbeur na die son (Tanka)
Land wat brand
Dansende vlamme kolk hoog onder verstukkende rook, Terwyl die reuk van roet longe verstuk. Hitte ondraaglik, stoot jou doelbewus terug, weg van mensgemaakte elemente wat in verwoesting verbrand. Woorde lê vars in die asem van mense oor n land wat brand, wat eens kon skitter in skoonheid en prag, maar met magteloosheid betrag ek gedrag, […]
Mensboom
Mensboom (my skedel baar nog lewe) in my droomwoud het my brein herbind in volheid, sy heelheid teruggevind ek kon toe elke akson, neuron en sinaps, alle senuwees wat skiet laat konnekteer met die stam van kennis en weer leer onthou van vervloë wysheid tot die wasdom van nou ek herskep my emosie met heling […]
Vir jou skryf ek ’n veldblomvers
Vir jóú skryf ek ’n veldblomvers al sou rose pienk en jakarandas pers – ék skryf vir jou ’n veldblomvers van aalwyn wat voor ’n krans lemoen nes dit elke jaar in die Boland doen kyk, die suikerkan speld heldergeel naas mimetesblad wat met die rooi kleur speel; langs ’n restio, teen die berg se […]
Woestynvlinder
tussen wasbedekte blare van kreosootbos en bruin, barre woestynsand het dit gevoel God het my gelos in hitte van swaarkry wou ek wegvlug in my alleenwees dor soos die woestyn my hart gekneus toe ek in God twyfel gestroop van myself op rand van verlies geweifel word vrees en verlange my oase maar midde lewe […]
As hoop wegraak
Die weervoorspelling gee vooruitsigte waarop ons net kan hoop. Ja, reën vir die droë weivelde. Maar, as ons nie kan hoop nie … dis dan ‘n derde van ons innerlike emosies. Is geloof, hoop en liefde nie deel van ons lewe nie? Maar as ons een daarvan verloor, wat bly dan oor? Want elkeen is […]
Verhale van die Oniks Labirint 10 Vlug van Grys
Daphne word met ‘n skok wakker in grys donkerte. Haar hart dawer teen haar bors, reg om die hut in die woud te verlaat of Daphne al reg is of nie. Versigtig trek sy haar leer uitrusting, mantel, masker en stewels aan. Sy versteek die wapens wat die Groen Beskermer vir haar gegee het in […]
Showville
(goud) Showville Bethulie kry vanaand sommer lewe – dis Showville in die middel van die jaar; die dorpsaal se dak en mure bewe met heel die distrik se mense bymekaar. Die poets en sangers, almal staan ’n kans, maar rappers rap verbete – hulle spook, want vyf man kap dit uit met ’n pantsula dans […]
Geloof, Hoop en Liefde
Geloof, Hoop en Liefde Eendag sal ons verstaan vir nou het ons Geesgedrewe Geloof waarop ons vas moet staan al voel dit God is doof. Eendag sal ons alles weet vir nou het ons helende heilige Hoop al voel ons soms deur God vergeet sal ons Sy pad bly loop. Eendag sal ons alles ken […]
Waters van rus
Waters van rus Kom vat my hand en lei my tot waar waters van rus na my siel toe roep en ons sy aan sy in vrede se stilte wroeging uit kan blus lei my tot waar die piet my vrou en die nagtegaal se melodie my hart opnuut toevou in die lewe se liefdes […]