Wanneer dit reën in Parys
Wanneer skugter kaleidoskoop klanke met sysagte sonstrale om hoop dans reis ek so graag tussendeur gister en vandag se nou spasies saam met tyd en sy gesange tot in Parys en haar warm reën nagte skuins voor oggend melodieë toesak met tortels wat ‘n stad ontwaak en my fyn geflenterde heimweë diep sug spring ek […]
Jy moet eintlik lief wees vir niks
Kameel, kameel waarheen vat jy my? hier op jou boggel’rug in die ongenadigde son van die Namib woestyn Oor die vlaktes verby die seekus van die Dood deur digte mis, en verborge rotse ‘n begraafplaas van skepe, en verbleikte bene Oor die duine loop ‘n kaalvoet boesman met twee stapstewels, wat om sy nek hang […]
Heilige kantate
en nou vertolk ek die nag anders: metafories, as ‘n heilige kantate geskoei op hemelse beloftes ek vrees nie meer die donker wat my steeds daagliks besoek maar vou dit soos warm sjantoeng om my ontblote skouers, oë reikend opwaarts – daar waar Lig alle smart verdoem ©Erika Viljoen 21/11/2018
Jy is my vrede
waar jy my hare saggies in sterstof verf het die maan jaloers gekyk hoe die melkweg in spikkels deur my oë tree my vingers boetseer jou hart se klop as jy ‘n duisend vuurvliegies inmekaar vleg en dit laat sirkel om die skerfiemaan tot dit in my hartklop kon anker gooi die son van jou […]
Droomspore
deur die kneusing van ‘n gewonde droom was jou stem die lullaby wat my kon tula teen die skeuring van die wegholwind die wêreld lê verdwaald in die leegheid van my woorde en my trane word ontvlugtingsbrûe op papier tog word drome hergebore (al loop spore dood) en kry hoop nuwe ankers in bloureënblomme as […]
Riebeek Wes
Ek het op die hoek van Hofstraat gestaan en snaaks gekry vir myself; ek is pad af, ver van waar ek tuis voel maar hier by Kasteelberg se voet het ‘n ongekende ding my gegroet – ‘n salige vreedsaamheid om die lyf van die mistige horison sonder skaduwees, kronkelpaaie en kwispelende gedagtes – net wye […]
11 November
rooi papawer, sonneblom – so sterf die dag net voor die maan opkom haar laaste asem met bloed bevlek om ’n goue vlam wat oor haar lippe lek © Carma Shaw 11 November 2018
Hunkering
(Goud) Sou ek vanaand een droom kon droom sou dit rus wees naas ’n doringboom – een wat haar takke wyd laat kroon. Sou ek vanaand een droom kon droom voor ek oplaas van hier verhuis – droom ek ’n melkweg en ’n suiderkruis. Sou ek vanaand een droom kon droom sou dit rus wees, […]
Op U woord
Op U Woord As diep donker oor my val vrees verskrikkings my oorval. As golwe van ongeloof die hoop in my wil kom roof. Hoor ek U my naam fluister en Lig verdring my duister. Op U Woord sal ek vas staan op U Woord sal ek voortgaan. Ek slaan my oë op na bo […]