Woestyn van hoop
Ek staan hier weerloos in ‘n swart woestyn. In die duister is daar geen teken van lig wat skyn. Die vure van my geknakte siel brand laag. My gedagtes warboel, maar is stadig en vertraag. Ek sien die weerlig en wolke, pik, op die horison. Miskien eendag sal ek weer kan staan in die son. […]
Reisplan (Opdrag 4)
tussen twee spore van toe en nou staar ek deur glinsterende diamanttrane (hoopvol) na die belowende natuurskoon terwyl my vingers speels gly oor die kreukels van padkaartherinneringe tussen twee spore van toe en nou het die belofte van ‘n sewende hemel soos roet aan my handpalms kom lê – en net soos steenkool het my […]
Wees waaksaam (OPDRAG 4) – SUGGESTIE
Die brandwag staan paraat, waarsku ieder en elk (oor dit wat saak maak) om selektief te luister – ‘wees wakker, wees waaksaam’. Luister na jou binnestem sodat jy betyds kan rem, nie deur paradokse propaganda mislei sal word – ‘wees wakker, wees waaksaam’. ©Driekie Grobler
Vyf klein klippies
Vyf klein klippies Vyf klein klippies het van die klipkrans afgebreek geval en gerol tot hulle in die droë lopie vassteek word deur wind en weer stelselmatig verweer terwyl reënwater hulle seisoenaal blink poleer. Vyf klein klippies was vir eeue in die rivierbed rondgespoel weggeslyt, verweer en gevorm vir een spesifieke doel eendag kom ʼn […]
Die Bruinoognooi
die bruinoognooi het my hart gesteel die bruinoognooi wat my snare streel die bruinoognooi laat my voete dans die bruinoognooi bring my drome saans dis sy alleen wat die vuur kan blus dis sy die een wat my sawens sus dis sy die een wat my hart laat klop dis sy die een wat my […]
Dagbreek
‘n versluierde tafereel van opaal ontvou uit mistieke newels van fetale blou die eindelose wonder van die suisend soekende see roerende, roepende branders sleur my mee uit die nag se swart kom die bruidegom sy lig oorwelf die duister horison seëvierende son gedra op gegote vlerke reis triomferend hoog bo aardse perke ver bo die […]
VERGANKLIK – Opdrag 3
Stiltes breek verledes en sonder aansien val gedagtes, gedaantes en gebeentes daarom het sy dit malkik gedeel toe alles nog toe was, verkluis in ‘n môre wat dalk nooit sou kom met mense sonder grense en halfvol spense wat klaar gepraat het sy kon net sowel langer gewag het, maar dan kom traag ‘n dag […]
Die dag het nuut geword (opdrag 3)
die dag het in die vaalbleek stofpad voor hom uitgestrek, leweloos en leeg soos elk’ ander trae dag van sy grys en grou bestaan herinneringe huiwer soos spookskepe in die lug, byna al vergeet, sy swerwersiel al soekend na ‘n hawe om te rus sy liggaam en sy moeë gees ‘n plek om te genees […]
soeke na vrede (Opdrag 3)
lig splint deur in donker Afrika se duister ‘n saad ontwaak in klip gekluister met reën wat druppel om hom heen word die saad deur God geseën met sy naelstring aan bloedbevlekte grond verbind het die vreemdeling ‘n eie moederskoot gevind met blare deur die son geskroei woedende winde wat om hom loei buig die […]
Opdrag 3: Haar meester
sy sloer-sleep voetgang laat moeisame spore tussen klip en rots, beurend voort immer voorwaarts verlore en verlate in hierdie godssonder woesterny onder ‘n skroeiende son, vind sy hand ‘n kruik eens verlore wyl sout sweet biggelend sy lip benat hy kragteloos neersak, dan sit, sat vryf sy hande smekend oor die kruik voor hom soos […]