teleurstelling
soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]
Hoop na herstel
Hoop na herstel uitgeslinger en verbrysel het ek daar gelê geknak en verlam gekluister aan ‘n rolstoel maar toe genesende hande herstel en tot perfeksie pas elke bousteen vir ure weer tot volmaaktheid pak hoop en geloof vir maande as ek vandag die daeraad groet met tinteling waar doodsheid was speldeprikkels sagkens deur my onderlyf […]
as jy dromme hoor
laatnag se taksiegeluide soos dromme oor duineveld klink soos stemme van dooies wat optrek in stryd teen doderyk so klink stemme van oral op in land waar dromme slaan – vure brand opruiende toesprake regeer diep ondermaanse drang na vore tree in grynslag wat oor dae versprei maande se onteer respek is verloor vrees is […]
Boer se vreugde
veersag fluister veewinde sing saggies soos sangerreën is ‘n belofte van Godsgenade waai wasige wolke warm na ‘n boer se droë hart sy vaal land smag na genadewater grommende grou storms gil donker donderstorms dril uit die swart hemelmond reën knetter knalklap op die boer se dak plofpof plas-spat die druppels op sy gronde die […]
Ek mag wens
Soms knak die wind al ‘n boom se takke dat selfs die lig wat deur die blare skyn nie kan skuiling vind Die lewe steel soms al jou drome maar wie is die mens sonder die belofte van mŏre want ‘n stukkie van gister leef in vandag se wens Vandag is geloof vandag is vertroue […]
da ja da tie
vader van die wind ook vader van die see maak golwe briesend kwaad maar soms kalm soos ‘n meer dieselfde vader van die land maak hoë berge imposant woud wat groei en blom wuiwende grasveld koel bergstrome water wat ook see toe spoel daar is net éen dit weet ek ©Teárlach
genoeg
klokkespel van golwe diep in gedagte gedolwe sweef seemeeu oor my duin my hart staan stil by gesiggies vrolike laggies vol verwagting vir wat nuwe skooljaar bring party gelapte broekies staan skaam en koes kyke na kaalvoete wat skoene nie ken wat ontbyt net ruik wat smag na geluk van ‘n veilige huis smag na […]
By Die Vuur
By Die Vuur Ek sit tussen almal by die vuur Hoeveel langer sal die aand duur? Binnekort moet ons weer vertrek Elke tree los n helse merk Maar my vriende maak my wonde skoon Hulle hou my moed goed in toom Wanneer aand weer kom sal ek weer droom In donker is ons veilig Die […]
Die storm
DIE STORM Dis toe hy haar nader trek Wat elke traan sy hemp vlek Met haar kop wat teen sy skouer rus Word die vlam binne haar gou geblus Die woede binne haar word nou kalm Haar hand rus nou in sy palm Die weerlig het oorgeslaan na reënweer Stadig soos die tyd verloop verdwyn […]
Kind van Christus
KIND VAN CHRISTUS Ek probeer die waarheid wegsteek Skuldig luister ek na die preek Binne my is ʼn gebroke siel wat wil gil Ek voel ek verdrink maar ek bly stil Ek besluit genoeg is genoeg Die Here sien ek is moeg Ek het seer en is gewond Ek loop tot by die rivier […]