man + vrou = huwelik
alles wat lieflik is maak jou hart sag verbeter jou dag alles wat loflik is hoflike mans is reg maak vroue waardeer eerlike vroue presteer ongesofistikeerd eg ervaring slyp verhoudings liefde deur gelyke deelname maak vir lang verbindings ©Teárlach
Beth-El
Beth-El Daar is ʼn plekkie hier diep binne my wat niemand anders te siene kry dis na hierdie stil plek waar ek heen gaan om te herkou aan al die dinge wat om my aangaan. Hierdie alleen-wees plek is Beth-El vir my dit is hier waar ek by God my leiding kry hier oorwin ek […]
op my vurk
my siel sweef weereens wyd oor golwe van gedagtes noord en suid tussen vure wat brand op paaie swart jil barbare en dans hul dodedans vinnig versprei rookwolke nou trek in misbanke oor duin en see swart met blitse wat kartetsend blink terwyl mense saggies ween en skuil vlugtelinge sonder draad of klere staan verdwaas […]
Op die pad
Al die verkeerde paaie draai iewers weer terug na die regte een maar wanneer jy daar kom dan kyk jy glad nie weer om So sal die hartseer en pyn in die stilte van gister se hunkering verdwyn en die wind met al sy stof sal in die verte verdof Wanneer nuwe sonne, mane en […]
berge en duine
reuk van katjiepiering bos drolpeer se spierwitte soom maak bergrant ‘n wit droom bobbejaantou swaai sag los op hotnotsvy se geel tapyt waar fisante gillend skrop en met insekte vul hul krop vier hul fees met groot jolyt blou berge anderkant duine met bergrivier se groen soom vorm die hemelse eden tuine ©Teárlach
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
verbrokkeling
soos seewater in skuimstrepies uitspoel strand verdeel tussen nat en droë sand waterdiertjies en land diertjies skei watervoëls en landvoëls versprei so versprei geloof mense verbrokkel in vakuum kompartemente wat netso vinnig soos skuim op strand verdwyn wanneer Hy weer kom ©Teárlach
GEBEDE MET BEWENDE HANDE
Gebede Met Bewende Hande Dag na dag dink jy na oor jou lewe Jou diagnose? Parkinson se siekte Ek word gegroet met hande wat bewe Steeds by jy een van my beste vriende Na die aaklige nuus is my hart seer In stil tye gaan ek op my knieë Struikelend raak die tye al hoe […]
Bevryding: n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Bevryding n.a Ingrid jonker – Ontvlugting Tussen wier en gras sou ek ook wou soek – na vryheid, verlossing en God. In vreemdes se oë het ek soms stukkies gesien – van min of meer dit wat ék nooit sou vind. Die gladde son en die rowwe maan het dalk ook binne my ontbind, dit […]