Blaarverlorenes
Blaarverlorenes ‘n blaar het ge- val soos Boerneef se bergansveer by Woeperdal maar ek ek’t die blaar op- ge- tel tussenin ons klaar geleesde blaaie hartsdieprooi g e p a r s waar dit plek-plek bloedbevlek met vuurtong brandkeel letters vlamrooi stemverdroog ek wou jou daar wegsteek, vergeet maar ‘n traan het g e v […]
As ek van jou droom(silwer)
tussen stil stiltes van ‘n vallende blaar en ragfyn nagte smag ek na jou asem- verleiend kom hul stemme saam wind gelei en my oë gryp die alleenheid van skadu’s wat in die ragfyn nag terugkeer soos kluisenaarskrappe, na ‘n onbestaan en verstarde onwetes van enkele seilbote (wat terugkeer) oor ‘n dooie see ©Morné du […]
Herfs beloftes Silwer
Blare dartel soos uitgelate kinders aan die soom van die westewind – volkleur vlinders in ‘n maalkolk vasgevang, roesbruinprisma dwarrel, spiraaltuimel na benede; dit is herfs – en in die knypwindjie sluimer ‘n melodie van somerbeloftes in skaamrooi laggies wanneer die blare tuimelval
Eierkelk
sag eierkelk my gedagtes heen daar waar die rus na waters lei waar geen traan dit meer kan keer soos ‘n waterval strompel na onder met die hoop dat waters sal val daar waar mens en dier die hongerpyne nie kan keer oorvloedig smeek ons U weë tastend voel ons die droë aardkors die donker […]
Gedwonge Verhuising
Dis vroeg, baie vroeg oggend. My slaap benewelde verstand begin stadig verander, tussen slaap en registreer. My sintuie verskuif ook van droomland na hede. Stadig. Ek raak bewus van die reuke om my, die klanke. Dit ruik en klink so bekend, maar waar? Deurdie slaap neuwels delf ek diep, en onthou, die spring soos n […]
Die blaar en my liggaam
Hoe vind jy jouself in die donkerte alom wat knaend en leweloos vir jou probeer omvou En aanmekaar los stukkies toue en punte aanbied om te knoop tot manifestasie en vervulling van jou illusies? Hoe bring jy jouself tot die aanvaarding en definisie van jou liggaam as wie jy werklik is? Of nog beter en […]
Soos ‘n blaar wat val
Ons is anders as alles met buiteseisoene wat inwaarts woed verlore en verlate as gevolg van onsself elke keer as ek ‘n mens hoor gaan spartel gedagtes in my kop; verkorrel die verloop van tyd deur my vingers – dis juis dan dat ek so graag wil vlug êrens na ‘n ander plek soos ‘n […]
Ridder van die Langpad
moeg en afgemat sit hy met sy bondeltjie op sy rug tuur die verte in die alleenheid is besig om hom te vang rus hy op sy kierie want niemand ken hierdie bielie want met stof is sy skoene verweer en sy baard sonder skeer diep is sy verlange na ‘n lekker bord kos is […]
Stil word vir God
daar bo-op Mariepskop daar raak ek stil en dank die Here vir goed groter as ek dis waar ek die Here my God vrees, want vrees vir my Here beteken dat ek Hom waardig ag bokant alles hier op aarde tussen rotse en klippe wat bokant my uitstrek waar net God se hande met soveel […]
Verskuilde hartseer
in haar wese diep hartseer verskuil agter die mooiste glimlag verlange na haar geliefde stil het sy dit verberg vrou van die liefde tog smagtend daarna om net liefgehê te word wetend haar geliefde se hart gedwaal het weggesteek in vriendelikheid maar ons bewus van haar seer in haar wese het sy vasgeglo dat veranderinge […]