Die mooi van die donker
Ek weet ek smag na die passie en die hunker die verlange van voel terwyl ek moet lewe om te strewe na vrede en rustigheid maar ek soek die seer van (te) lief wees en na die vraag binne jou wat ook in my is terwyl ek weet ek moet vergeet van die magiese donker […]
Hoërskool Spookasem se 89′ reunie…
Jannie skrik effens beneek wakker, vanaand is dit die reunie van sy hoërskool vir die studente wat in 89′ gematrikuleer het. Hy dink weer aan Gerda’tjie. “Oe sy het darem altyd pragtig gelyk met daai blonde hare en blou oë van haar” sê hy vir sy ma toe sy vir Jannie ontbyt in die bed […]
Eugene De Kok
Eugene De Kok sit voor die kaggelvuur, dis ‘n koel winter nag, hy verlang na sy vrou wat vier dae gelede oorlede is. Haar naam was Engela, sy is in hulle plaashuis vermoor, maar Eugene sit nou in sy woonstel in die dorp. Hy het sy eie woonstel hier in die dorp, Marais-stad. Hy is […]
‘n Kelnerin Se Droom …
“Mamma ek wil ‘n man hê” Anelda sing heerlik saam met die musiek in haar kar terwyl sy werk toe ry, sy werk by die plaaslike Wimpy, so 15 kilometer van haar huis af, maar sy moet in die hoofstraat ry om by die werk te kom, die hoofstraat wat elke oggend baie baie besig […]
Seebries in die Wind
Skemeraand hier op die strand, ver verlange le my gemoed, want eens was hy daar, maar hier is net gedagtes oor. Tyd vir aangaan, al is die pad onbekend, Een ding is verseker, God is hier saam met my. Onbekend loop ek my vas, in dit wat teen my beginsels is, gou moet ek my […]
DIE FOTOGRAAF
al wat hy vra is die Kgalagadi gee hom net die stof en die sand vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin en die grou van die lug bo ‘n rant stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk al stromp’lend op sy laaste vier bene alvoor […]
Agter die pienk deur
Lalie trek die deur versigtig toe, saggies sodat sy nie ’n geluid maak nie. Haar huismense slaap nog, want dis nog vroeg. Dit is net na ses en die son is nog nie behoorlik op nie, maar die flou oggendlig is genoeg vir Lalie om te sien wat sy doen. Haar hand rus ’n oomblik […]
Woorde op ‘n servet
Katryn klap die veiligheidshek toe. Sy woorde hang in die lug, sy’t hulle gehoor, maar sy gaan nie hier staan dat hulle by haar ore verby kan seil in haar hart in nie. Sy stoot die voordeur toe en sien deur die venster sy gesig agter die tralies van die veiligheidshek. Hy bly staan, maar […]
As son verdrink in water
skemer loop kaalvoet oor die water en kom sit kruisbeen langs my op die strand, rooi kreefdop in die hand, met ‘n hartseer trek om die mond en die son word oud agter ‘n platgetrapte horison en ek wens ek kon jou deur tyd se glipgange sleep tot hier, hier neffens my langs hierdie hartseer […]
Ek was gister weer by Bettiesbaai
oor die silwer dam by Bettiesbaai het ‘n vars wind – sonder ophou – vanaf Kogelberg se kant bly waai die reuk daarop was ‘n mengelmoes van sout en vis en seebamboes * soos smeulend amber rus ons liefde (in afwagting . . . dat dit wéér ontspring) net soos kelp drapeer oor ruwe rots […]