Ons vergete liefdesmense(Goud)
As jy wegvlug in die toevou van ‘n helder hemelskou mag jou hart terugkeer na winter; maar die berge spoeg hul vuur en vra hoeveel nog weet O’ vergete liefdesmens troos is ‘n hand van genade in verdorwe verlate vlaktes- en ons wat weet Ons kraai met elke splintenuwegier want dit is makliker om net […]
Pa’s, waar is julle? (SILWER)
Pa’s, waar is julle? Ons hoor so baie van die nuwe normaal, die na-Covid tyd waarin ons nou lewe. As ek so na die wêreld om ons kyk, sien ek egter ʼn ander neiging: weinig pa’s wat hulle kinders ondersteun. Ons lewe nou maar eenmaal in ʼn gebroke wêreld en die afwesigheid kan baie vorme […]
Kalwerliefde
In die kosmosvelde waar kalwerliefde bandeloos blom, bolmakiesie ons drome nog om en dom; alom hartsbegeertes wat kleurig in die sterre verweef is en gretig daar wag, tot rooidag weer kom.
Saad van liefde (Silwer)
Strooi die saad wyd en luid smyt dit gulhartig oor almal uit vrolik in soorte uit omgeeboorde vir drooglê harte smagtend na liefdeswoorde saad sonder smet wat bou en red om diep te val in ontvanklike hartsbed strooi die saad wyd en luid sodat blomme weer gul daaruit kan voortspruit ©Driekie Grobler
Die Velde Smag
Die Velde Smag my siel verklaar soos blomme kleurryk by liefde aard soos hisop in my hart groei dat jy die een is wat daarin pas in my diepste wese hou ek jou vas soos tapisserie borduur elke oomblik bewaar saam met jou geweef teen my binnemuur elke uur die fynste besonderhede onthou jy is […]
Die lewe se mooi (Silwer 522 woorde)
Wanneer die natuur begin ontwaak uit sy winterslaap, is daar ‘n soort “magic” aan’t gebeur. Die aarde verkleur van vaal en dood in die mooiste vrolike “Aaaaah, kyk hoe mooi!” kleureprag. Mens hoor dit selfs in die voëlgesang vroegoggend. Daar is ‘n nuwe opgewektheid in hul groet. Gaan stap jy deur die strate wat onlangs […]
Binne seisoen (goud)
En nou weet ek ook dat my somer en winter hand aan hand kan loop. © MEI 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Leonard se song (goud)
Jy het té lank eenkant gestaan terwyl die opkoms en afstyg van die stil spasies in jou lewendige oë vergeet het om te onthou dat liefde ‘n spel is nie ‘n herhaling van gister nie nie die stemme in jou kop wat met gekamoefleurde klanke jou gehoor verwilder nie nie iets wat jou drome en […]
Die Ballade van ‘n ballerina
“Niemand mag weet” dink sy, van haar verhouding met die komponis. Die jongmans is vreeslik lasterig op die bus, elke jong russiese man beoog mos om met ‘n ballerina té trou. Maar die japies het mos geen sjarm op hulle. Dis net egotistiese aanmerkings wat vir haar vreeslik kras is. Sy kyk uit die venster […]