Binnelandskap
Binnelandskap Dis 11 Junie 2022 die plaaswerf is spierwit vanoggend en ek dink by myself, neewat die seisoene is nog mooi in plek al is aardverwarming op almal se lippe en op hierdie koue wintersdag moet ek groet, ons geliefde grond hier waar my wederhelf se spore lê hier waar ek geborge voel nooit sou […]
Plotseling
Gradering: Silwer Woordtelling: 342 Brenda swerf maar so bolangs oor die lewe. Sy het geen doel of missie om iets te bereik nie. Dominee het gesê in die Bybel staan “Alle vlees is gras.” Nou sien sy nie hoekom sy moeite moet doen om te lewe nie. Vir wat sal sy haar nou afsloof en […]
*Winterwoorde (Silwer)
Wanneer my heimweehart in die ryptrap van ‘n winterlandskap neffens jou kanniedood-liefde verslaap, tref-trap dankgedagtes gou, euforiesie spore van onthou, wat ramifiseer in die drasland van lojaliteit waarin jou liefde toegewyd onkreukbaar en immergroen oor ons eenheid troon; rotsvas geanker – deur dik en dun ewig getrou. *Akroniem
Wees van my wees (Brons)
wees, my vlees vlamkers waskombers om my naakkoud toegevou, my kaggelvuur waardeur hartklopdans se knetterbrand wintergees buite hou, my rooiwyn in warm-aar verleiding tot my dor(s)weesglas vol vloei, in verlangekyk kindverstout hartspoor na buite in die ryptrap van ‘n winterlandskap ons beskore ek vra jou bloot wees … Elizabeth
Hartklopdisselboom (Brons)
hartklopdissselboom ek wil nie weer in die ryptrap van ‘n winterlandskap jou hartklop verloor, ophou hoor nie néé hierdie keer gaan ek deur jou lente-are bloei, somervrug versoet, já, selfs in herfsblaar, dieprooiwarm koolgloei, en sou … winter bibberspoor ongenooid kom, sál ‘k koesterwarm onder jou vaal basjas wegkruip want só in die ryptrap van […]
OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]
Verspeelde Liefde (Goud)
jou see is nog indigo en jou berge lê nog blomvarsblou soos laventelvelde wat aan die hemel raak diep diep in my vêronthou jou woorde prik nog pruilmondvars raakvas teen my vel se voel in die ryptrap van ‘n winterlandskap toe jy nog somers af wou dwing en jou warm stormwaters oor my koue hart […]
Slaap Gedagtes
hoe meer ek slaap dan kom jou kuiers Onverwag steel jy my wese met ope arms en beloftes van werklikheid jou besoek is vry van rekening gevolge net smôrens ontnugter
MY WENS VIR JOU
Mag die son altyd helder voor jou skyn sodat jy sal weet in watter rigting om te gaan mag jy gereeld op die dak van die nag klim om stringe sterre net vir jouself te pluk mag jy elke dag crave na ‘n nuwe avontuur vars water uit lopende stroompies drink nuwe grondpaaie sonder mensgemaakte […]
Skakerings van winter (Silwer)
Met die nanag se sterwensuur het jy ons karos afgeskop en gepleit: “staan op my lief, kom kyk vóór die die winterveld se skoonheid na sonop weer verbleik!” Hand-aan-hand met die vleiland langs waar Verloren Vallei idillies (stil)lewe het jy my deur die veld gelei – my oë het betraand van die koue gebrand – […]