die liefde onthou (SILWER)
die liefde onthou in die skemer sit ek en staar na die raam laggend gesigte in sagte pastelwolke blou hand-aan-hand waar ons lugkastele bou reinwit in onskuld ons twee vredig saam ek onthou hoe ons deur liefde verdoof in helder kleure ons toekoms kon skilder waar jy jou ewige trou aan my beloof die besoeke […]
Lewens’strome
Iemand vertel jou ‘n stukkie van sy lewe vervelig luister jy, bid dat hy moet kla kry sou jy wou weet, sou jy graag die hele storie wou weet? of het jy reeds lankal daarvan vergeet Kon jy maar net alles hoor al die kreukels van depressie splinters van ‘n lewe wat spat in alle […]
Skakering in harlekyn Silwer Mei projek
roesbessie rooi ryp granaat die kleur van liefde, die kleur van haat rooi is die kleur van die kelkie wyn wat moet troos vir die traan die seer die pyn rooi is die roos in die langsteelglas stille bewys van wat eens was rooi is die son in die oosterlig warm sonstrale dans oor my […]
liefdesnoer (Silwer)
ek wil vir jou ‘n liefdesgedig snoer met egte kraal-oog woorde wat (ge)maklik langs mekaar bly lê om jou hals sodat die koestering daarvan teen jou ontvanklike vel jou my woorde jou eie sal laat maak en jy die liefdesnoer met liefde om mý hals sal hang
Omskietliefde
Ek toe ek jou net sien by tussenposes van vier vlae moes ons steeds maskers dra sou net diep in jou oë kyk want daar was ‘n stadige verbygaan van tyd maar ‘n rukwind het plotseling soos die pekelsondes van ons liefde verander van rigting. Silwer
ligtoring
ligtoring wanneer die nag sy mantel om my hang en daar storms om my woed voel ek verlore en bang as ek my pad in die donker soek ek dobber in die oop see rond met seile wat hang in die wind my kompas is tot niet hoe moet ek my rigting vind? maar geanker […]
Die tuiskoms.
Die tuiskoms. Met die sing van die Mini se bande in haar ore verkyk Mia haar na die vlaktes wat so verlate staan. Dit is net ʼn geroeste windpomp wat die geheim verklap dat hier ooit mense was. Met net hier en daar ʼn plant, lyk die landskap soos ʼn pure spookwoud in die flou […]
herfsdans (brons)
ietwat riskant dartel herfs aan die windkant en ril effe deuskant die punt van ryp die laaste blare dansval anderkant saggies neurie die troupand op die wieg van die seisoen se rand wat soos Dawid en Jonatan diepsinnig verkleur in hul band tog sleep haar Josefskleed sonder leed oor halfnaakte boomtakke kokketterig blosend wreed iewers […]
Maart 2022 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 15 lede! WENNERS GEDIGTE GOUD 1ste: No 9 Anzè Bezuidenhout met Donsveer woorde 2de: No 13 Andries Fourie (Seirdna) met Oopgespêrde hoop 3de: No 3 Anzè Bezuidenhout met Daardie dag SILWER 1ste:No 32 Elmarie Nienaber van Kampen met Ooptes van my siel 2de: No 33 Driekie Grobler met Breek oop die […]
die flou son (SILWER)
die flou son aan moedersknie het jy my soveel dinge kom leer veral jou liefde vir musiek, ons kon kitaar tokkel hoe dikwels het jy my vasgehou – “jou pokkel” jy wou altyd vir my alles gee wat my hart begeer my mamma, jy kon so baie doen met so min jy wou nooit hê […]