Jul Oë Het Ontmoet
Jul Oë Het Ontmoet Om lief te hê of om bemin te word deur iemand wat jou spesifiek bo almal in die hele wye wêreld raaksien waar hy of sy kon kies en keur maar die oë het op jou kom rus en jul oë het ontmoet— Die oomblik vul jou met magiese verwondering en […]
Voetstappe
Ek kan nie sien , en tog kan ek sien [ ‘’Toegesluit deur stilte en duisternis besit ek die lig wat my duisend visies sal gee wanneer die dood my vrymaak’’] Helen Keller. Ek kan nie sien en tog kan ek sien want in die naderende duister was kleur natuurskoon, jou beeltenis en blommegeur in […]
Ons Eerste Soen
Die meesleurklanke van die wals het oor die vloer gesweem toe ek jou slanke liggaam mals in bewendgretig arms neem. Ek onthou nog goed die aanraak van skrams jou liggaam teenaan my, die oopbreek van my hart se braak met Eros-liefde diep gesny… Ek dink steeds t’rug in bly onthou ek wou net dans, jou […]
Die dae hier, is vanielje …..
Die dae hier, is vanielje, bloeiselboontjie-geurig-ryk, maar ek mis, (soos met ons eerste seun se geboorte), die teerhied in jou oog se kyk na my borste se soogvolswel toe in volsirkelliefde, ‘n druppel daaruit opwel. Ja, die dae hier, is vanielje, soos sampanje hou ek elke sekonde op ys, die skemer se purper-oranje en die […]
Mumtaz Mahal
My verkose Beminde, jou hare het die maan se glans gesteel, jou oë is gebore uit stergrafiet, in jou asem dwaal die appelboord se geur en die granaat se rooi-ryp-pit het jou lippe karmosyn ingekleur. Jou nek is ‘n addolossente swaan, jou kop: so trots en fier omhoog en in jou boesem se warmsag, val, […]
‘n Skuimpie Wroeg
Met skemering, toe die vinke by die vlei die lug deurweef met helder rooi en geel, het ek net vir ‘n wyle my verbeel jy loop weer deur die riete saam met my… Want alles was soos toe ons, sy aan sy, gehoor het hoe die windjie deur hul speel. Ek wou die uur se […]
‘n Gevaarlike liefdespel..
” Jy dink seker ek maak ‘n grap as ek sê ek is lief vir jou Lizelle! Ja, ek en Janine is in ‘n verhouding maar ek gee vir haar vanaand die nuus dat ek jou onvoorwaardelik lief het, sy gee nie meer om vir my nie!” beloof Jan-Hendrik. “Nee moet asb nie Hennie, sy […]
Sweef op ‘n droom
Voel jy die saadjie verkluim diep in die sneeu begrawe sal jy tog ‘n sonstraal bring om sy wortels te kom lawe Hoor jy die straaltjie doer in die magtige oseaan stuur jou sterke seestroom om sy weg oop te baan Sien jy dalkies ‘n vonkie in die stikdonkerste nag voorsien aan hom ‘n vlam […]
Ou Gekraakte Hart..
Gekraakte hart, vanaand raak ek van jou ontslae. Ek soek liefde, ek soek weer ware liefde in my lewe. Jy gaan my nie keer nie, God het vir elke pot ‘n deksel gemaak, en myne is oppad ek glo dit, en vanaand heel Hy jou, ou-kraak. Jy sal weer vernuwe, sodra ware liefde in jou […]
In Verband Met Liefde
Soms maak liefde seer, sodat ons uit ons foute kan leer. Maar ons mag nooit opgee nie, want vir elke pot is daar ‘n deksel. En as die dag as jy voel jy kan nie meer, vat eers ‘n ruskans, dalk klop daar binnekort ware liefde aan jou deur. Vergeet van die seer wat jy […]