DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
Moederliefde
my kind kruip in onder die vlerke van my liefde skuil veilig in die omhelsing van my hart wees knus teen my sagte vere van omgee want ek is jou moeder en jý mý kuiken wat altyd in die vlerkspan van my wese onvoorwaardelik beskerming sal vind Etna Wepener ©️
My Alpe-blom (sonnet)
die smaraggroen gras van Alpe se veld het jou lentevoete sag uitgevee en jy’t ge-genie uit laatsneeu se smelt mý mooi veldblom wat my hart laat uitskree die yslelieverhoog was jou dansvloer jou soet stem het teen kranswande weerklink ek’t soos voyeur gevries in my afloer my glas met jóú elikser vol geskink mý vry […]
Bedrup my liefde (‘n Distigon-gedig)
my hart blom in broos kroonblaar se kleurkrans gekelk vóór liefdestortbui verlep en verwelk jou wolkdruppels pêrel vergrotings op my gees konvekse lense fokus my menswees voed my tot in wortel waar net jy kan deurdring gee vog aan my hart wat liefdesvreug’ bring ek reik na jou hemelse gul gawes geskenk swemmend in passie […]
Kopermaan se towergang (Silwer)
Wys my weer die glinster in jou oë wat soos maanlig op die golfkamme blink waar ons in liefde se dieptes versink soos toe ons kon liefhê met groot genoeë… …kom kyk liefling – hoe glim die kopermaan soos sy stil uitdy bo die oseaan. © Loretta Szikra 202209
uurglas (brons)
uurglas ek wil warm sonlig in jou uurglas skink wat stadig, stadiger uit sal loop en die taai goue stroop van hoop sal heldergeel teen die kante blink jou weggaan maak my so verskriklik bang want ek weet die leegloop gaan ons vang © Hester Steenkamp
Kom, hardloop saam my weg (Silwer)
Ons soek al lank ‘n huisie langs die see waar borrelbranders teen ons skuitjie klots en snags uispattig teen die rotse bots wyl ons ons tyd in harmonie bestee maar, my lief, ás jy tyd vir ons wil stop loop dan saam my weg, tot by Kolmanskop… © Loretta Szikra 202209
As jy kan droom.
As jy kan droom. Elkeen van ons het ʼn ingebore hunkering om eendag ons eie huis te besit. Toe ek ʼn jong meisie was, kon ek ure rondry en huise kyk. Die gewoonte is gevorm toe my pa ons op Sondagmiddag-uitstappies geneem het. Ons sou van Walvisbaai ry na Swakopmund om draairoomys te koop, dan […]