huis met eenduisend kamers (Silwer)
my hart word ‘n huis met eenduisend kamers wanneer ons minne-skadu’s lok en speel teen ‘n ontvanklike muur en ons omhelsend saamsmelt in perfekte liefdesharmonie
ware woning (SILWER)
ware woning Sondag is soos sproeireën na die week as die wêreld se voetval stiller word en doudruppels sagte seën uitstort weet ek: die Sabbat het aangebreek met opwinding gaan ons na Sy huis soos dit duidelik sê: die kleine kind sal vreugde by hul mammas vind so kom ons by strome van seën tuis […]
My huis is my woning
My huis is my woning My huis is my woning, maar my woning is waar ek tuis is. My woning is waar my hart is. Dis die plek waar ek lafenis soek na ‘n lank dag buite. Hier lewe herinneringe in elke vertrek. Dis my Elim na die dolheid van die stad. Ek kan oral […]
Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]
Hier is huis
Hier is huis (Brons) waar my bed is en my vrou daar is huis, het jy altyd gesê nou’s ons bed nog hier en ek maar sonder jou tog is dit nog huis voel ek hier tuis tussen ons storiegoed tot ons weer ontmoet by die hemeltroon wil ek hier woon met ons bed en […]
Sprookje
Sprookjé (Brons) Op die deur groet “Sprookje” my soos jare terug by pa se huis die reuk van kos nooi my binne die tafel is gedek met sagte linne ek steek ‘n kersie aan vir jou skink ‘n wyntjie vir die kou pa se klok tik rustig voort plaasgeluide kom uit elke oord die mure […]
Jy is my alles
My geliefde, waar sal ek begin jy is my siel se slanke vorstin die enorme vrou van al my drome die formidabel bron van liefde dit is hoe ek oor jou binne voel tot die jare oor ons lewens kom spoel. ©Z.Kochk
wortels (brons)
wortels toe belofte blou in die weste bou en ons vog in die wind kon ruik het hy my hande vasgevat en sag vir my gesê dat sy wortels hier diep lê daar was hoop in sy oë toe hy vra of ons kan bly op die wit kalkplato waar die grondpad suidoos draai ver […]
LAASTE VERS (goud)
En snags as jy droom en die nag haar arms om jou vou sal jy my laaste vers aan jou ook onthou die een waar ek bid dat jy weer heel moet word veral die strofe waar ek wens dat jy my sal kom haal en my huistoe sal vat. © 7/2022 Caren Kearley FB: […]