Stilte se boodskap.
Sag vou Stilte haar kleed om my en wys my die pad van herinneringe al ligvoets dansend in die mooi van haar kleurvolle kleed stap ek agter haar aan op hierdie kronkellende pad van onthou tyd het gestol in hierdie stille uur toe sy die fluisteringe van gisters diep in my hart kom neerlê o, […]
diep
– uitdrukkingloos staar hy oor die see sy hele wese daarin meegesleur slegs die wat hom ken sal verstaan wat onder die verweerde plooie aangaan eeue se meeue het dit skor ingeryg klanke wat woorde skeppend rig aan almal wat bestaan – verstaan wat seewaarts kyk om wysheid uit die aardse gloed van geil goedheid […]
kern gedagte
– ragfyn loop dit deur die jare deur die geslagte van die Vader vorm dit dié boodskap van alles wat moeite werd is om te onthou wat sou ons daarsonder kon wees waarmee sou ons kon bou in vlees sou ons die regte pad kon volg nie afdraai en verlore raak stellig nie, dalk heeltemal […]
OP PAD NA MÔRE (goud)
Oopgestrek tussen hemel en aarde skreeu stemme in my kop ‘n lyf vol letsels mank spore wat vorentoe swenk in my hand hou ek ‘n hart jy gee vir my al jou gisters en môres ons loop verder in skadu’s onder melkhoutbome ons luister na bokmakierie streel oor bosbaarde om te dink dat ons bekende […]
groepe
– sosiale media is soos die deining van die see dit trek in en uit volgens die maan se wendinge om ons aarde soms is dit spring gety en soms laagwater afhangende van die volumes water wat met swaartekrag wil beweeg aktuele nuus wat aandag trek sensasie skep mense laat bewe van vrees – ©Teãrlach
see, son en saffier
– my see lê vol skuite van ver af wink die seile gesiggies in die ruite – oor die sand kom sy aan die kleure van paradys-voël oos-wes van langebaan – branders breek al om ons die wind sleur my siel saam kykies en gytjies bon-bons – dit is weer desember die son braai wit […]
Winterspore Silwer
Winter se asem maak wit wasem teen my ruit sy kromhoutvingers is koud en klam wanneer dit om my hart kom sluit sy jas se punt sleep saggies deur die boompies in my tuin en laat dan tuimelend in kleurewonder ‘n helder blaremat verskyn sy trane drup kristalwit op die bleekgroen van die gras en […]
Boodskapper
Boodskapper Nadat Professor Gertrudes Johannsen van die Instituut van Seismotegniek die verslag vlugtig deurgekyk het, sit sy vir ʼn paar oomblikke versteend. Dit is die ‘onmoontlike’ in letters vasgevang, maar sy weet die ‘onmoontlike’ is nie die verslag self nie, dit is die gevoel dat sy hierdie verslag voorheen gesien het, gelees het wat haar […]
contermanskloof
– daar by die vier rigting stop links is die wynplase met heerlike wyn regs gaan dit na die hospitale met hul pyn regoor kom alles in oorvloed en gemeng soos die groente in jou mandjie as jy sop wil gaan kook – ©Teãrlach