Die blou seer(silwer)
1.Gesigseinder blou alleen in sy stille sfeer dis daar-daar in daai dag toe ek my hart aan jou bemag 2. ‘n duisend keur se gedagtes dwaal doelloos deur; ‘n gewonde gevestige in jou kelders, spreek soos swaeltjies sweef 3.hóe sal jy proe gebottel vir ‘n dipsomaan hengelaar veral as jou hoeke geset is, familiaal in […]
skryf
– seestrome neem my weg oor blou deinende golwe – skryf ek mense-engele tale niemand sal my hart besit oor berge en dale sweef ek eensame mymering van lig – woorde stroom oor walle oor duine en droë riviere – waar hulp vandaan kom is daar Lig en nie duister slegs sinne vol beloftes wat […]
bloed
– verdunde bloed druis deur my are bring waardevolle suurstof na my brein soos stoom deur pype vanaf die lokomotief na sy waens pomp so bring die Gees aan my waarheid bou my geloof hoop en liefde in reëlmaat van tyd, tye uit tot die volvoering daarvan – ©Teãrlach
tyd, tye en end-tye
– branders stroop seegras stronke en werp dit uit op strande om te vrot saam met storm winde kom dit altyd uit storm winde in mense lewens doen dit ook wanneer mense swaar kry kom alles uit die mooi en standvastige geloof maar ook die groot twyfel – dink positief – sit die regte bril […]
bitter
– bitter is die sap van jou blare onaantreklik die groen melk daarvan daaruit onttrek hulle medisinale middels wat glo werklik baie help vir die mens so bring bitter ervaring lesse geleer – bitter ervarings maak mens hard soms ongevoelig teenoor ander mense jy sal tog nie verstaan as jy dit nie self ervaar aanvaar […]
Boomtakke
jong latte wiegel in die wind skeur in storms los ń wond in stam ouer takke groei jaar ringe stam tot hardehout staan onbeweeglik seisoene lank moeder stam in storm en drang deur saagband skree plat geslaan latte, takke val slap hout verval harde hout rugstut strukture tot begrafnis kis red die mens se bas geslagte lank
Reënleser (Goud)
vandag die leser weer gesien in die laat middag teen uitspantyd toe die rooi son glim en die skemer daal het hy vir hom ‘n wolkboek uit die hemelrak kom haal in ‘n warrelwind het hy gekom hy’t die dunner skrifte weggedruk en ‘n dik boek beetgekry hom oopgeruk tot by hoofstuk een en die […]
Diepte van ons Onthou
Die liefde vir die natuur en alles daarin Die verlang na die veld, voor die dag begin Die herroep van kuiers in die majestueuse berg Die warmte van die lag, die humor van die terg Die flikker van die sterre in die helder melkweg Die vind van die bakens, wanneer ons teen rigting verloor veg […]
Blommeprag
madeliefie sagte ronde lyfie lag oopbek goudgeel hoe son sy warm soene met haar deel soutbossie bemin in silwer maanlig strale op sand rand waar branders babbelend breek op strand noem noem deel vrylik smaaklike vrugte verleiding soos heelal met lofprysing soetheid besing pronkertjies sagte skoulike spatsels kleure verkondig die Heer se genade en vrede […]