Geraamde trane
verby die kaplyn van emosies lê gestorwe drifsels in niemandsland waar wensdenkers vry ronddwaal agter fluisters wat bakhand staan hammers wat blind na hande tas om doodshoue te fel daar staan die introvert se gebrokenheid geraam terwyl modderspore nuwe onheilsroetes teer en in die stomme oog brand daar een enkel’ traan © Anzé Bezuidenhout
Uit die Gebrande Potjie
Kan jy onthou die “Budha” wat op die bergrivier se waterloop net die dag vóór die reën se doop hóe die son helder oor daai dag kyk en diep agter uit die wolke kruip Hóe eendjies almal bymekaar om die tent vergaar, dit was daai partitiewe oomblik, sakraal jou krulbruinhare wat stadig deur die wind […]
Pappa, koffie – is dit ʼn Dreyer ding!
“Pappa, vanoggend terwyl ek so besig is om my moerkoffie in my dompelkoffiepot voor te berei, sien ek jou gesig skielik duidelik voor my. Jou leeragtige, songebruinde, geplooide gesig, jou flets blou oë, laggend. Ek sien hoe jy my vraend aankyk. So met ʼn vraagteken in jou oë. Ek besef dat daardie vraagteken die vraag […]
Draaibos
Laat lente het ‘n draaibos haar takke grondwaarts gebuig dit opgeswier met trossies bloupienk blom en blink blare asof sy die lente wou nadertrek, en verlaas bemin – o, laat my liefde nog één dag wees! Diep teen die hellings trap haar suiers, oor die vlaktes verby die skalie tot waar die son afloop; sy […]
Intermezzo in die huis van donkerte
Die Kraaibek man se innuendo’s vertak soos sy arms om sy seepglad mond in sy trommel verkwis hy grond vir negehonderd en twintig pond en as deel van die buidel … Ou arme Ditt sou nooit kon leed dat die inpertinante Kraaibek man vir slegs negehonderd en twintig pond die grond uit sy poeskas verkwansel […]
Leepoog Lente
die winters leer my van die bitter en die goed om my hart te stroop vir die soet van somer in die stilwees van elkde dag waar die droogte dapper deur my siel kom waai vind ek my antwoorde daar waar lente verslaap en die winter sy vaal kleed om my hang is dit na […]