Daar waar vrede lê
my hart verlang na die sonbesie-hitte wat lui luimer oor karoobos en klippe na die ding-dong van ‘n voorloopskaap wat smag na weiding net die beste wil opraap my hart verlang na wye, oop vlaktes waar stilte en vrede salfsmeer aan nerfskuur-gedagtes waar gesigseinder ver oor rante strek my hart se teer verlange na sielsvrede […]
NAAIN-ELEWWEN
NAAIN-ELEWWEN Duitsland het ook sy naain-elewwen! Ja, nie net eenmaal nie , maar tweekeer. Twee naain-elewwens! Altwee op dieselfde dag, die neënde elfde. Die eerste, die treurige is die dag van die brandende sinagogas. Op die neënde November 1938 het die Nasionaal-Sosialiste oral in Duitsland so te sê eindelik rêrig „oorlog teen die Jode” verklaar, […]
laat-lente droom
“Brons” laat-lente droom in sagte aandskemering neurie die melodieë van nuwe seisoene op die horison wink louter vreugde van laat-lente sonskyngeel vir my agter my voetspoor die herinneringe van vervloë wintersdrome: nou verby die deuntjie draal eensaam stil my ‘onthou’ gesnoer in kroonjuwele blye ontwaking: diamant in druppels dou lente glimlag sag as sy sonskyn […]
vetkoek dag
vrydae is dit vetkoek dag oor my duin hang die reuk dit versmelt in my verhemelte daardie unieke reuk van deeg wat in olie gebraai word met plaas botter en dalk happie maalvleis in kerrie gedoop ©Teárlach
Uitvaart
In die buitelug se gelaatsbeeld is reën in volle bloei met korrels wat afkug na die lakensvoller land en hier in my krog brilledoos beletter ek liglaaiend jou skilderlyf en stuur dit met ñ geelvlerkduif verby wolke tot in die hemelalkoof vir jou gevoelvolle potblou oog omdat jy is ingebalsem in my. © Zebulon Kochk […]
Stormkind
Stormkind In my gemoed, hier diep binne, voel ek bang o Heer! Die storms, dit, slaan woes om my heen en weer Hoe nou! Waarheen, waar sal ek val hierdie keer Voor U aangesig buig ek, O!! Heer, keer op keer Refrein Met ‘n dankbare hart kom ek voor U Heer Ek buig in aanbidding […]
Daar is een Hemel
Die dag wat die boom brand toe die swartvoël sing oor sy voorvaders nes wie was die die witvoël met die rooi-swart-kringbek wat sy nes wou belet en die swartvoël wat dans vir sy nooi se swier se voete diep in die stof gemat om en om en om die boom se figuur wat brand […]
Sonsak oomblikke
in die skadu’s van die Outeniqua het die son skaam in oker oor bergkranse gebloos terwyl wegkruipskadu’s pendule in apostelgelid onder die wind se penniefluitklanke van gisterdinge © Anzé Bezuidenhout https://www.litnet.co.za/sonsak-oomblikke/
Blue velvet song
play your harp an enchanted whisper of your blue velvet song a soft butterfly dance fluttering through the shadows of a silver moon ©Jessica Venter 26/7/2019
gumbu myn 1978
in laat middag son klim ons in bruin drag gekamoefleer tot in gesig stadig rots-vir-rots kruipend aan duskant van die klip krans skuifel voetjie-vir-voetjie stil tot in holkrans aan wegkant skemer daal spoedig oor bosveld landskap heel nag wakker met verkyker gespits op enige beweging onder oor die limpopo se strand flitse lig wat gevegte […]